Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mostert verruil Engeland vir Japan
Franco Mostert. Foto: Getty Images

Franco Mostert gaan soos een van sy jare lange mentors, Johan Ackermann, ’n nuwe hoofstuk in sy rugbyloopbaan in Japan skryf.

Die Springbok-slot het volgens Rapport se inligting ’n langtermynkontrak van vier jaar met Honda Heat gesluit waar hy as die plaasvervanger vir sy nasionale spanmaat RG Snyman gekontrakteer is.

Snyman sal hom binnekort by die Ierse klubspan Munster aansluit. Die voormalige Springbok-hulpafrigter Johann van Graan is die hoofafrigter van Munster.

Sodra die inperking weens die Covid-19-pandemie opgehef word, sluit Ackermann, wat Mostert eers by die Leeus en daarna van 2018 af by Gloucester afgerig het, by die Japanse klubspan die Docomo Red Hurricanes aan.

Mostert behoort maklik in Japan aan te pas.

Dié 29-jarige boorling van Welkom het voorheen reeds tussen 2016 en 2018 vir nog ’n Japanse klubspan, die Ricoh Black Rams, gespeel.

Daar was juis die afgelope tyd sprake dat hulle een van die spanne is wat probeer het om Mostert vanweë sy hoë werkverrigting en min beserings te kontrakteer.

Mostert is een van verskeie Suid-Afrikaners wat vir Gloucester onder Ackermann gespeel het.

Ackermann se seun, die losvoorspeler Ruan, sal by Gloucester aanbly aangesien hy binne twee maande kwalifiseer om vir Engeland oorweeg te word.

  • Intussen blyk dit uit berigte in die Britse media dat Ackermann nie heeltemal uit vrye wil by Gloucester weg is nie.

Andy Goode, gewese Engelse speler, het op ’n uitsending van The Rugby Pod beweer Ackermann is uitgewerk deur sekere spelers en Gloucester se uitvoerende hoof, Lance Bradley.

Van die spelers was glo onder meer ongelukkig oor Ackermann se spankeuses.

Goode beskou Ackermann se vertrek en Bradley se aanstelling verlede jaar as ’n groot fout.

Meer oor:  Franco Mostert  |  Japan  |  Rugby  |  Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.