Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ashwin-saak: MRK stel sittings uit

Die Menseregtekommissie (MRK) het bekend gemaak hy is nog nie gereed om vandeesweek die eerste SuperSport-sittings te hou nie.

Nick Mallett. Foto: Gallo Images
Naas Botha. Foto: Gallo Images

Die kommissie het verlede maand aangekondig dat die eerste sittings in dié opspraakwekkende saak Woensdag en Vrydag in Johannesburg gehou sal word.

Dit volg op die omstrede Ashwin Willemse-voorval wat hom verlede jaar in Mei gedurende ’n regstreekse SuperSport-uitsending afgespeel het.

Willemse, ’n voormalige Springbok-vleuel, het ná afloop van die debakel verkies om nie ’n aandeel te hê in ’n onafhanklike ondersoek na beweerde rassisme by SuperSport onder leiding van Vincent Maleka SC nie.

Hy het gesê hy verkies om sy saak voor die MRK te stel.

Buang Jones, die kommissie se provinsiale bestuurder in Gauteng, het bevestig vandeesweek se beplande sittings by die Apartheidsmuseum word uitgestel. Hy sê die paneel wat die saak sal aanhoor, het meer tyd nodig om voor te berei.

Daar word intussen verneem die kommissie het min reaksie ontvang nadat daar sowat ’n maand gelede gevra is dat werknemers en kontrakteurs van SuperSport skriftelike voorleggings aanstuur van ander beweerde voorvalle van rassisme en/of diskriminasie wat tot die verhoor gevoeg kan word.

Dit is steeds onseker of Nick Mallett en Naas Botha, wat daardie dag saam met Willemse in die ateljee was en deur hom van rassisme beskuldig word, ook hul saak voor die MRK gaan stel.

Jones het nie aangedui hoeveel tyd die kommissie se paneel nodig het voordat die eerste sitting gehou gaan word nie.

Meer oor:  Mrk  |  Naas Botha  |  Ashwin Willemse  |  Supersport  |  Nick Mallett
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.