Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
MRK vra week se grasie met Eben

Die Eben Etzebeth-sage het nog nie sy laaste asem uitgeblaas nie.

In ’n nuwe wending Maandag het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), wat vroeër die kwessie na die gelykheidshof verwys het, vir meer tyd gevra om sy sake agtermekaar te kry.

Eben Etzebeth spog met sy wennersmedalje ná Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland. Foto: Getty Images

“Die MRK se prokureurs het ons Maandag gevra of hulle ’n week langer kan kry om die nodige dokumentasie in te dien. Ons het daartoe ingestem,” het Etzebeth se prokureur, André Calitz, Maandag aan Netwerk24 gesê.

Die dokumentasie ter sprake is waarvolgens die MRK die besluit geneem het om die Etzebeth-saak na die gelykheidshof te verwys. Etzebeth, wat Saterdag vir die Springbokke in die Wêreldbekereindstryd gespeel het, word van aanranding en rassistiese beledigings beskuldig in voorvalle wat na bewering op die aand van 24 Augustus in Langebaan plaasgevind het.

Die saak teen Etzebeth hang egter aan ’n dun draadjie. Verlede week het die Gelykheidshof die partye in kennis gestel dat hy die saak op ys plaas afhangend van wat die hooggeregshof oor Etzebeth se hersieningsaansoek beslis. Etzebeth meen die MRK het onregmatig opgetree deur sy eie ondersoek te staak en ’n klag teen hom in die Gelykheidshof van stapel te stuur. Hy wil hê dat die MRK ’n vars ondersoek met ’n ander span ondersoekers begin. Etzebeth verwys in hofstukke juis na uitlatings deur Buang Jones, nasionale hoof van die MRK se regsafdeling, wat daarop dui dat die Bok-slot skuldig geag word voordat daar ’n deeglike ondersoek of verhoor was.

Die MRK het Maandag vergader om die saak teen Etzebeth te bespreek, waartydens regsmening oor die aangeleentheid aan die kommissie voorgelê is. Daar is nie besluit of hulle Etzebeth se hersieningsaansoek sal teenstaan nie.

Prof. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, sê hulle het wel besluit om te voldoen aan die vereistes om alle rekords, dokumente en elektroniese rekords rakende die saak aan die registrateur van die Suid-Gautengse hooggeregshof in te dien.

“Wat hulle (Etzebeth se regspan) wil hê, is die dokumentasie wat ons gebruik het om tot ons besluit te kom om die saak na die Gelykheidshof te verwys. Hulle soek onder meer die notule en memo’s van die vergadering van kommissarisse, asook die e-posse wat aan mense gestuur is, so alle dokumente wat ons gebruik het om ons besluit te neem,” het Majola gesê.

Volgens Majola het die MRK nie ’n besluit geneem oor of hulle moet onttrek aan die saak of daarteen gekant moet wees nie.

“Etzebeth het tien dae om na al die dokumente wat ons sal indien, te kyk en as hy iets vind om te gebruik om sy aansoek aan te vul, kan hy dit binne tien dae aanvul. Ons sal dan die aanvullende aansoek kry en dan sal daar van ons verwag word om aan te dui of ons gaan appelleer, onttrek of saamstem,” het Majola gesê.

Meer oor:  Mrk  |  Bokke  |  Eben Etzebeth  |  Springbokke  |  Gelykheidshof  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.