Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mthethwa bring nuwe energie na Cheetahs

Hy praat ’n heel ander rugbytaal en bring soveel energie na die oefeninge en dit beteken baie vir die Cheetahs se Pro14-groep.

Die hy van wie gepraat word, is Melusi Mthethwa, die Cheetahs se nuwe agterlynafrigter.

Melusi Mthethwa. Foto: Gallo Images

Volgens een van die senior spelers in die span, die veelsydige agterspeler William Small-Smith, is Mthethwa se toevoeging tot die afrigtingspan, ’n goeie een.

Mthethwa het verlede seisoen nog die Vrystaat se o.19-span afgerig en vanjaar was hy een van die Shimlas se hulpafrigters, waarna hy die Vrystaat se o.21-span gebrei het en toe by die Cheetahs betrek is.

“Onder coach Franco (Smith wat nou Italië se hoofafrigter is) het ons goed gevaar met dit wat van ons verwag is. Nou het coach Melusi ’n paar nuwe planne, hy het ’n paar nuwe idees en hy praat ’n ander (rugby)taal, hy bring iets anders.

“Ek moet sê dis nogal ’n opwindende tyd vir die Cheetahs, nuwe goed om te leer en aanpassings wat gemaak moet word. Hy sien byvoorbeeld ook ander goed raak wat voorheen nie raakgesien is nie,” sê Small-Smith.

Mthethwa het bekendheid verwerf by die Pukke, waar hy jong talentvolle spelers uitgesnuffel het toe hy verantwoordelik vir werwing was.

Hy het dié rol ook met welslae vir die Vrystaat Rugbyunie vertolk.

“Ons is nou ’n groot groep agterspelers met hope vaart en ek dink hy is die regte ou om die beste uit ons te haal.

“Wat coach Hawies (Fourie, hoofafrigter) byvoorbeeld goed doen, is dat hy vir Melusi bemagtig net soos hy Corniel (Van Zyl, voorspeler-afrigter) en Charl (Strydom, verdedigingsafrigter) die vryheid gee om hul ding op die oefenveld te doen.

“Daar is tye dat ons net met Melusi oefen en dit gee hom die geleentheid om sy stempel te kan afdruk. Ek dink hoe langer ons met hom werk, hoe beter sal dit gaan. Die spelers is opgewonde oor sy aanstelling en om saam met hom te werk.”

Fourie is self nou eers maar ’n maand aan die stuur van sake, maar hy is nie ’n onbekende in Cheetah-kringe nie. Hy het die Cheetahs se huidige afrigtingspan by Smith geërf en net vir Mthethwa ingebring.

Meer oor:  Pro14  |  Melusi Mthethwa  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.