Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Muller, die Blitsbokke se ‘Basoeto’

Die Blitsbok Muller du Plessis is trots op die feit dat hy Sotho kan praat, “want dit wys dat jy belangstel”.

Du Plessis (19), ’n boorling van Bethlehem in die Oos-Vrystaat, is as kind op ’n daaglikse basis aan Sotho blootgestel.

Muller du Plessis (met die bal) in die Hongkong-sewestoernooi in 2018. Foto: Getty Images

“Ek het Sotho geleer toe ek klein was en op die plaas (naby Reitz) was. Een van die werkers het my gehelp grootmaak en my geleer om Sotho te praat.

“Ek praat nou nog met die mense op die plaas sodat ek dit nie afleer nie,” sê Du Plessis, wat in 2018 sy buiging vir die Blitsbokke gemaak het.

Hy sê die feit dat hy Sotho magtig is, het sy wêreld verbreed.

“Ek dink dit bou verseker brûe, want jy leer nuwe kulture ken. Omdat jy ook hul taal kan praat, wys dit dat jy belangstel.

“Dit is boonop lekker om nuwe vriendskappe te kan bou en om saam te kan gesels,” sê Du Plessis.

Nadat hy sy skoolloopbaan in Reitz begin het, het hy aan Paarl Gimnasium gematrikuleer, waar hy in 2016 en 2017 vir die Suid-Afrikaanse Skolespan uitgedraf het.

In 2018 het Du Plessis sy debuut vir die Blitsbokke gemaak, vir die Junior Bokke uitgedraf en was ook deel van die Haaie se o.19-span wat die nasionale titel verower het.

Hy het die afgelope naweek in die sewestoernooi in Las Vegas sy terugkeer tot die speelveld gemaak, nadat hy laat in 2018 ’n rugbesering in die Kaapstad-toernooi opgedoen het.

Ek is net dankbaar om terug te wees en weer te kan speel.

“Dit was frustrerend (om langs die kantlyn te wees), maar ek glo alles gebeur met ’n rede. Ek is net dankbaar om terug te wees en weer te kan speel. Ek sien daarna uit om die nuwe jaar aan te pak,” sê Du Plessis.

Die Blitsbokke, wat tans sukkel om hul stempel op die sewesreeks af te druk, is die naweek in die Vancouver-toernooi in Kanada in aksie.

Gevra wat hy kan doen om die Blitsbokke te help, sê Du Plessis, hy wil elke geleentheid wat hy kry na die beste van sy vermoë benut.

“Ek dink ek moet net uitgaan en myself geniet en doen wat van my verwag word.”

Rugby vloei natuurlik dik in Du Plessis se are. Sy pa, Charl, het aan die Hoër Landbouskool Kroonstad vir Noord-Vrystaat in die Cravenweek-toernooi gespeel. Hy tussen 1981 en 1983 in tien wedstryde vir die destydse Transvaal op heelagter en senter uitgedraf. In 1987 het hy in drie wedstryde vir die Oos-Vrystaat op vleuel gespeel.

Du Plessis se broer, JP, het vir spanne soos die Westelike Provinsie en die Cheetahs gespeel, voordat hy sy heil in Amerika by die San Diego Legion gaan soek het.

Hy sê dat Blitsbokke soos die kaptein, Philip Snyman, en Chris Dry sy rolmodelle as kind was. Maar met veterane soos dié twee, wie se loopbane einde se kant toe staan, is daar straks ’n generasie jonges wat met bewondering na Du Plessis gaan kyk.

Meer oor:  Muller Du Plessis  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.