Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Munster klop Kings in saai affêre

Munster was Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth ’n rapsie – let wel net ’n rapsie – beter as die Southern Kings en het hul Pro14-wedstryd teen die Oos-Kapenaars met 31-20 gewen.

Mike Haley van Munster draf deur vir sy drie teen die Kings in die Baai. Foto: Gallo Images

Altwee spanne het die meeste van die tyd gespeel asof hulle al drie die Wêreldbekerwedstryde die oggend op televisie gekyk het en so ’n bietjie sat vir rugby is.

Dit was frustrerend om te sien hoe spelers drieë weggooi.

’n Mens sou eintlik lekker gekry het as die afrigters op die veld gestorm en die manne se boude met ’n fluitjie-riempie warm gefoeter het.

Swak vangwerk, swak aangeë, onseker spel onder hoë balle, noem dit op. Effe-effe verdediging, dit was daar vir almal om te sien.

Stefan Ungerer, skrumskakel van die Kings, sool die bal in die kragmeting met Munster. Foto: Gallo Images

Die Kings kan hulself gelukkig ag dat hulle met rustyd net met 6-10 agter was.

Die besoekers het in die eerste skof meer lus gelyk vir rugby en was nie bang om met die bal in die hand vanuit hul eie kwartgebied aan te val nie.

Die Kings het net ná die begin van die tweede helfte vir die eerste keer die voortou geneem toe hul skrumskakel, Stefan Ungerer, ná ’n goeie breekslag van die heelagter, Masixole Banda, gaan druk het.

Dit het egter nie lank geduur nie, want Alby Mathewson, Munster se skrumskakel, het self gaan druk nadat sy span van hul eie doellyn met ’n teenaanval begin het.

Nog ’n verdoelde drie van die voormalige Springbok-losvoorspeler Arno Botha het gevolg om die Kings op 31-13 te laat steier.

Die Kings het drie minute voor die einde ’n troosdrie gekry toe Elrigh Louw oorgebars het met Munster een man kort omdat James Cronin met ’n geelkaart gestraf is weens ’n gevaarlike duikslag.

Munster sou uiters tevrede met die oorwinning gewees het aangesien die Ierse span sonder 12 van sy top spelers, wat saam met Ierland by die WB-toernooi in Japan is, was.

  • : Mike Haley, Alby Mathewson, Fineen Wycherley, Arno Botha. Doelskoppe: JJ Hanrahan (4). Strafskop: Hanrahan (1).
  • Stefan Ungerer, Elrigh Louw. Doelskoppe: Catrakilis (2). Strafskoppe: Catrakilis (2).
Meer oor:  Munster  |  Pro14-Reeks  |  Southern Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.