Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok skitter in Kings se nederlaag

Die voormalige Springbok Arno Botha het Vrydagaand drie van Munster se tien drieë gedruk in die Ierse span se oorwinning van 68-3 oor die Southern Kings in Cork.

Arno Botha het Vrydagaand in Cork gate deur die Kings gehardloop. Alandré van Rooyen is die man wat hier nie kan keer nie. Foto: Getty Images

Die 28-jarige Botha, wat in 2013 die laaste van sy twee toetse vir die Bokke gespeel het, speel al sedert 2018 vir Munster.

Botha het sy span se eerste drie in die sewende minuut gedruk toe hy die bal agter ’n vaste skrum opgetel en oor die doellyn gestorm het.

In daardie stadium was die Kings sonder hul heelagter, Andell Loubser, wat met ’n geelkaart deur die skeidsregter, Nika Amashukeli, gestraf is.

Loubser was dalk ietwat ongelukkig om gestraf te word by die afbreekpunt vir wat Amashukeli “siniese spel” genoem het.

Munster se spelers het vir die duur van die wedstryd met soortgelyke – en erger – spel by die afbreekpunte weggekom.

Laat in die tweede helfte is die Kings-flank Lusanda Badiyana ook met ’n geelkaart gestraf nadat hy met sy elmboog aan Chris Cloete se gesig geraak het.

Cloete het homself rammetjie gehou in ’n opstootjie en vir Badiyana beetgekry. Terwyl Badiyana omgedraai het om Cloete in die oë te kyk, het hy kontak met Cloete gemaak.

In die tydjie wat Badiyana van die veld af was, het die Ierse span nog drie keer die Kings se doellyn gekruis.

As jy ’n Munster-ondersteuner was, sou jy die wedstryd geniet het. Die manne in rooi het hulself gate uit geniet en omtrent gedoen wat hulle wou.

* Puntemakers:

Munster 68 (28): Drieë: Arno Botha (3), Shane Daly (2), Calvin Nash, John O’Donohue, John Hodnett, Neil Cronin, Dan Goggin. Doelskoppe: JJ Hanrahan (6), Ben Healy (3).

Southern Kings 3 (3): Strafdoel: Demetri Catrakilis.

Meer oor:  Munster  |  Pro14  |  Arno Botha  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.