Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mylpale vir Nigel Owens, vroue-blaser
Nigel Owens / Foto: Getty Images

Die gewilde Walliese skeidsregter Nigel Owens sal die eerste beampte word om die fluitjie in 100 toetse te blaas nadat Wêreldrugby bevestig het hy behartig die Nasiesbeker-kragmeting tussen Frankryk en Italië in November.

Owens, die skeidsregter wat die langste gedien het op Wêreldrugby se elite- internasionale paneel, se loopbaanhoogtepunte sluit in die Wêreldbekereindstryd in 2015 tussen die seëvierende All Blacks en die Wallabies, as ook verskeie Europese Kampioenebeker-eindstryde.

Die 49-jarige Owens, ’n skeidsregter vir die afgelope 17 jaar, het sy tande in 2002 in sewesrugby gesny voordat hy ’n jaar later beheer geneem het van sy eerste vyftieman-toets in ’n kragmeting tussen Portugal en Georgië.

Wêreldrugby het ook bevestig Joy Neville word die eerste vrou om as televisieskeidsregter op tree vir twee toetse – Wallis t. Georgië en Skotland t. Fidji – ná indrukwekkende vertonings in elite-klubrugbyreekse.

Neville was die skeidsregter in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi vir vroue in 2017 toe Nieu-Seeland met Engeland afgereken het.

Joy Neville / Foto: Getty Images

– Reuters

Meer oor:  Nigel Owens  |  Nasiesbeker  |  Toetsrugby  |  Wêreldrugby  |  Joy Neville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.