Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mynbaas bevestig belang in Bulle

Die mynmagnaat Patrice Motsepe het Donderdag op Agri SA se kongres in Pretoria erken hy is in gesprek met die Blou Bulle om ’n belang in dié rugbyunie te verkry.

Motsepe, wat ook die eienaar van die sokkerklub Mamelodi Sundowns is, is ’n stoere Blou Bul-ondersteuner.

Patrice Motsepe, mynbaas en eienaar van die sokkerspan Mamelodi Sundowns. Foto: Gallo Images

Rapport het Sondag berig Motsepe en Johann Rupert, die Remgro-baas, het saam ’n aanbod aan die Blou Bulle Maatskappy gedoen om die beherende aandeel in die Bulle te verkry.

“My kop vat nie reg wanneer die Blou Bulle verloor nie, maar ek het nooit gedink ek sal eendag in die Blou Bulle belê nie!” het hy onder ’n gelag en applous van die kongresgangers gesê.

Motsepe en Rupert hoop om met ’n geldelike inspuiting die Blou Bulle weer een van die rugbywêreld se kragreuse te maak. Terselfdertyd kan dit ’n deurslaggewende transaksie wees om die uitvloei van die land se topspelers na oorsese klubs te help stuit.

Volgens Rapport se inligting sal Rupert sy aandeelhouding van 50% na 37,45% verminder en Motsepe sal ’n belang van 37,45% verkry om tussen hulle ’n beherende aandeel van die Bulle te bekom.

Dit sal slegs die tweede franchise in Suid-Afrika wees wat deur private beleggers beheer word, met die Southern Kings wat verlede jaar die eerste franchise geword het wat ’n belang van meer as 50% aan private beleggers verkoop.

“Daar is nog vertroulike gesprekke aan die gang,” het Motsepe gesê. “Ons gaan wen, ons gaan wen,” het pres. Cyril Ramaphosa se swaer gesê.

Ook dié opmerking het applous ontlok.

Meer oor:  Loftus Vers­Feld  |  Bulle  |  Bbm  |  Patrice Motsepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.