Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘ ’n Gewonde Bul is ’n gevaarlike Bul’

’n Gewonde Blou Bul is ’n gevaarlike Blou Bul.

Daarom sal die Haaie die Ligbloues met die nodige respek benader wanneer dié spanne mekaar Saterdag op Loftus Versfeld pak, sê die Durbaniete se haker Kerron van Vuuren.

Kerron van Vuuren kry ’n drukaangee weg in die Haaie se wedstryd in die tweede ronde van die Curriebeker-reeks teen die WP. Foto: Gallo Images

Daar is ’n magdom permutasies vir die laaste ronde van wedstryde, maar die Haaie weet ’n oorwinning sal genoeg wees om hulle tot die halfeindronde van die Curriebeker-reeks te laat deurdring. Die onderpresterende Bulle het ’n skraal buitekans om by die halfeind-agterdeur in te glip.

Hulle moet die Haaie met meer as 12 punte klop, ’n bonuspunt insamel en die besoekers van ’n bonuspunt weerhou. Daarbenewens moet hulle hoop die Vrystaat stuur die Westelike Provinsie sonder ’n punt huis toe.

Maar die Haaie dink nie aan wat die Bulle se mikpunt gaan wees nie.

“Ons moet realisties wees oor ons situasie en weet wat ons moet doen om die halfeindronde te haal, maar ons gaan net konsentreer op dít wat ons kan beheer en kyk wat met die res gaan gebeur,” sê Van Vuuren.

Die Bulle kan selfs in die laaste plek eindig en dan in ’n promosie-relegasie-wedstryd moet speel.

“Ons het gepraat oor die Blou Bulle wat met vuur gaan speel om te verseker hulle eindig nie in daardie relegasie-situasie nie. ’n Gewonde dier is ’n gevaarlike dier en die Bulle is ’n trotse unie.

“Dit sal belangrik wees dat ons by ons plan hou en goed uitvoer.”

’n Gewonde dier is ’n gevaarlike dier en die Bulle is ’n trotse unie.

Van Vuuren sê die Haaie kon in ’n baie beter posisie gewees het, was dit nie vir ’n glipsie hier en daar nie.

“Ons het dit van die begin af moeilik gemaak vir onsself deur teen Griekwas en die Pumas te verloor, maar nou is ons op die regte koers.”

Vir hom persoonlik is 2019 ’n deurbraakjaar waarin hy al meer speelkans in eers die Superreeks en nou die Curriebeker-reeks gekry het.

“Dit is ’n ongelooflike jaar vir my. Dit is steeds ’n droom vir my om hierdie unie te verteenwoordig,” sê die 24-jarige.

“My familie kom kyk elke naweek, so dit is fantasties. Ek wil aanhou groei en weekliks verbeter.

“Met al die wedstrydtyd wat ek gekry het, het ek nou baie selfvertroue in my vermoë op die veld. Ek het volwassenheid in my rol begin bereik en ek kan meer verantwoordelikheid voorlangs aanvaar.

“Hopelik kan ek die ouens help om nog ’n Curriebeker te wen.”

Volgens hom is die span ook bly om die Springbokke André Esterhuizen en Thomas du Toit terug te verwelkom.

“Dit is altyd lekker om die Springbokke terug te hê. Dit is ongelukkig vir hulle natuurlik (om nie meer by die Bokke te wees nie), maar hulle is groot bates vir die unie.”

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Kerron Van Vuuren  |  Haaie  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.