Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe jaar met nuwe resep, sê Branco

Die Blitsbok-span het nie verlede week in Dubai vir die eerste toernooi van vanjaar se Wêreldreeks opgedaag met die idee dat verlede jaar se wenresep steeds goed genoeg sal wees nie.

Inteendeel, sê die veteraan Branco du Preez, het hulle vooraf hard gewerk aan ’n paar nuwighede.

Branco du Preez oefen Dinsdag saam met die res van die Blitsbokke by Bishops se velde in Kaapstad. Foto: Gallo Images

“Ons probeer maar die teenstanders aan die raai hou oor wat ons op die veld gaan doen, want anders gaan mense begin sê ons speel eendimensionele rugby,” verduidelik hy.

Die Suid-Afrikaners se afrigter, Neil Powell, het byvoorbeeld in die Dubai-toernooi se halfeindstryd teen Fidji ’n haas uit die hoed getrek toe hy die wedstryd met die spelskeppers Cecil Afrika en Justin Geduld begin het. Du Preez, wat gewoonlik in die beginspan is, is van die plaasvervangersbank af ingespan.

“Die plan was om seker te maak ons weerhou Fidji van balbesit wanneer ons moet afskop en Justin en Cecil is bietjie langer as ek en Rosko. Dit het vir ons mooi uitgewerk, want ons weet as ons besit het word ons moeilik van die doellyn weggehou, sê Du Preez.

Die Blitsbokke het reeds in die groepfase al hard gewerk om hul teenstanders aan die slaap te vang. Teen Kanada, hul derde teenstander van die toernooi, het hulle a la Beauden Barrett met hoekskoppies vir hul vinnige manne probeer spasie skep om verdedigers aan die buitekant te klop.

Dit het nie op vyfpunters uitgeloop nie, maar Du Preez sê die idee was eerder om te eksperimenteer.

“Die spanne het al agtergekom hoe ’n waardevolle wapen die opskietverdediging geword het en daarom wou ons maar net die Kanadese so ’n bietjie onkant probeer betrap,” sê hy.

Du Preez, ’n 27-jarige boorling van George, glo hy en sy spanmaats kon in Dubai meer van hul geleenthede in punte omskep het en sal dit die naweek as motivering gebruik.

Hulle kán nie foute maak as hulle hul tuistitel wil terugwen nie,” sê hy.

Daarby, sê Du Preez, moet hy en sy spanmaats waak daarteen om meegevoer te raak deur die emosies wat dit ontketen om voor jou landgenote te speel.

“Ons speel elke seisoen regoor die wêreld in toernooie en beleef baie sukses. Daarom dink ek moet ons hierdie een sien as net nog ’n toernooi wat ons moet wen terwyl ons die wêreldtitel probeer behou,” se Du Preez.

Meer oor:  Branco Du Preez  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.