Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ná frustrasie brand Reniel se longe weer

Ná die erge frustrasie wat die eerste deel van die inperking meegebring het, is die Cheetah-slot Reniel Hugo nou weer vuur en vlam om sy slag op die oefenveld te kan wys.

Rugby
Reniel Hugo op die oefenveld in Bloemfontein verlede week toe spanne die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie toegelaat is om weer in groepe te begin oefen. Foto: Gallo Images

Hugo het op 1 Julie weer by die Cheetahs aangesluit ná sy Japanse draai, waar hy onder Jake White by Toyota Verblitz gespeel het.

Dié 29-jarige boorling van Bellville het die Cheetahs ná hul eerste seisoen in die Pro14-reeks verlaat en vir twee seisoene in die Japanse Topliga gespeel.

Hy erken sy longe het behoorlik gebrand toe hy verlede week die eerste keer op die veld kon oefen nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie die agt franchises die groen lig gegee het om in klein groepe, sonder enige kontak, te kan begin oefen.

Ek het maar swaar getrek met die fiksheidsoefeninge, my longe het behoorlik gebrand, dis eintlik maar al.

“Almal was maar terneergedruk tydens die inperking, veral omdat ons nie werklik kon oefen nie en ons het ook nie toegang tot gimnasiums gehad nie.

“Dit voel goed om weer te kan oefen en van die spelers die eerste keer te kon sien sedert my terugkeer. Ek het byvoorbeeld nog nie eintlik die agterspelers gesien nie, dalk een groepie, maar nog nie die res nie,” sê Hugo.

Rugby
Reniel Hugo sê sy longe het verlede week behoorlik gebrand toe hy die eerste keer sedert sy terugkeer uit Japan weer in die Toyota-stadion in Bloemfontein kon oefen. Foto: Gallo Images

Hy sê dit het hom glad nie lank geneem om weer aan Bloemfontein gewoond te raak nie, maar hy erken die lugdruk het hom ’n bietjie gevang toe hy die eerste keer op die veld kon oefen.

“Ek het maar swaar getrek met die fiksheidsoefeninge, my longe het behoorlik gebrand, dis eintlik maar al. Dis vir my lekker om terug te kan wees tussen bekendes en dan ook ’n paar nuwe spelers. Die besluit om terug Bloemfontein toe te kom was glad nie ’n moeilike een nie.”

Hy sê wat dinge vir hom nog verder vergemaklik het, is die feit dat die Cheetahs se manier van speel en ryk tradisie hom na aan die hart lê.

Hy was deel van die span wat die Curriebeker-reeks in 2016 onder die afrigting van Franco Smith, gewen het.

Nou wil hy onder Hawies Fourie (hoofafrigter) weer ’n bydrae tot die span se sukses lewer.

Hy sê wat die mededinging om die slot-posisies betref, maak hy hom reg vir ’n klipharde stryd.

“Ek hou van die manier hoe coach Hawies dinge doen. Ek het in die kort tyd agtergekom hy is ’n baie mededingende afrigter en dis presies hoe ek is, mededingend.

“Ek hou van sy benadering tot die spel en ek sien uit om saam met hom te werk, ek glo ek sal baie gou by hom aanpas,” sê Hugo.

Meer oor:  Cheetahs  |  Reniel Hugo  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.