Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Namibië haal hoogste plek op wêreldranglys
Ondersteuners van Namibiese rugby sal bly wees oor die twee plekke wat hul span op die wêreldranglys geklim het.Foto: Getty Images

Namibië se nasionale rugbyspan beklee sy hoogste posisie tot nog toe op die wêreldranglys nadat hy die afgelope naweek ’n naelskou-oorwinning oor Uruguay in Montevideo behaal het.

Suid-Afrika se buurspan, wat later vanjaar ook een van sy teenstanders by die Wêreldbeker-toernooi in Japan sal wees, het Uruguay danksy ’n Cliven Loubser-strafdoel in die 80ste minuut met 30-28 getroef.

Die tuisspan het in die 77ste minuut die voortou geneem (28-27), maar die Suid-Amerikaners se vreugde was van korte duur.

Namibië beklee ná die oorwinning in die Nasiesbeker-reeks die 21ste plek op die ranglys. Uruguay lê 17de.

Rusland (20ste op die ranglys) het ook vir ’n verrassing in die Nasiesbeker-reeks gesorg deur ’n Argentynse XV-tal met 48-40 te verslaan. – Sportredaksie

Meer oor:  Namibie  |  Rugby  |  Wereldrugby  |  Ranglys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.