Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Naudé vat pad na Rusland ná Kings nie werk

Twee voormalige Blou Bulle, JP Nel en Jaco Engels, het die Bul Franco Naudé na hul rugbykraal in Rusland gelok.

Franco Naudé. Foto: Gallo Images

Naudé, wat Superrugby vir die Leeus en Bulle gespeel het, sal hom binnekort by die Russiese klubspan Strela-Agro Kazan aansluit waar Nel, ’n gewese Bul-senter, deesdae die hoofafrigter is.

Engels, wat onder meer vir die Bulle, Kings en Namibië op stut gesak het, is Nel se voorspelerafrigter.

Die 24-jarige Naudé het dit tot onlangs toe nog oorweeg om hom by die Kings aan te sluit. Toe ’n skuif na die Baai nie uitgewerk het nie, het Naudé besluit om sy rugby vir eers in Rusland te gaan speel.

Die voormalige Hoërskool Garsfontein-ster het die Junior Springbokke in 2016 verteenwoordig en word as ’n groot aanwins vir Nel se span beskou.

Nel-hulle het reeds Suid-Afrikaanse spelers soos die voormalige Cheetah-stut Günther Janse van Vuuren, die gewese Kings-slot Stephan Greeff, die oud-losvoorspeler van die OP Stephan de Wit, die oud-Vrystaatse flank Stephan Malan en die voormalige Puma-losskakel Kobus Marais gekontrakteer.

Meer oor:  Jp Nel  |  Jaco Engels  |  Strela-Agro Kazan  |  Franco Naudé  |  Rusland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.