Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Claassen hardloop voor vir Shimlas
Neil Claassen (veelsydige voorspeler) sal vanjaar die Shimlas lei in die verdediging van hul Varsitybeker-titel. Foto: Johan Pretorius | Gallo Images

Bloemfontein. – Hy het die grootste deel van verlede jaar se Varsitybeker-rugbyreeks weens ’n kniebesering misgeloop, maar Neil Claassen is vanjaar op sy pos om Shimlas aan te voer.

Die flank, wat ook slot speel, neem oor by AJ Coertzen (heelagter) wat die seisoen vir Griekwas speel. Die losskakel Pieter-Steyn de Wet is die onderkaptein.

Claassen speel in sy derde Varsitybeker-reeks en volgens Shimla-breier, Hendro Scholtz, is hy ’n leier op wie se knoppie daar te enige tyd gedruk kan word.

“Sy (Claassen) selfvertroue ná sy besering is weer daar en hy is amper weer 100% reg. Hy doen in die stadium nog nie al die kontak-oefeninge nie, maar in ons tweede oefenwedstryd teen Universiteit van Johannesburg oor twee weke, behoort hy heeltemaal reg te wees,” het Scholtz gesê.

Die Shimlas speel Saterdag in Bethlehem in hul eerste opwarmwedstryd teen die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Scholtz wag ook nog om te hoor watter spelers hy terugkry van Franco Smith (Cheetah-afrigter), wat besig is met hul Superrugby-voorbereiding.

Shimlas het die naweek ’n spanbou-saamtrek buite Thaba Nchu gehad. Hulle het nie té veel op rugby konsentreer nie, maar om die spangees reg te kry voor die begin van die reeks op 8 Februarie.

“Elandré Huggett (haker) was die naweek saam met ons, maar hy is intussen terug by die Cheetahs se oefengroep en ons weet nie wanneer hy weer by ons aansluit nie.

“Dieselfde geld vir Zee Mkhabela (skrumskakel), so in die stadium wag ons om van Franco te hoor,” het Scholtz gesê.

Die Shimlas, kampioene verlede seisoen, begin hul veldtog in die reeks in Kaap teen die Ikeys.

Meer oor:  Shimlas  |  Varsitybeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.