Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Net 2 Leeus is positief vir virus getoets

Die Leeus se Rugbyunie het Maandag ’n kleed van geheimhouding gegooi oor die identiteit van die speler en ook die lid van die bestuurspan wat positief vir die koronavirus getoets is.

Daar is oor die naweek berig dat drie personeellede ook positief getoets is, maar ’n woordvoerder van die Leeus het Maandag gesê daar word nie kennis gedra van meer as net die speler en ’n enkele lid van die bestuurspan wat positief getoets is nie.

Die Leeus het streng maatreëls waaraan spelers en personeellede moet voldoen voordat hulle Ellispark mag betree. Foto: Gallo Images

“Ons volstaan net met die verklaring wat uitgereik is en sal nie verdere kommentaar lewer nie,” was die nuus Maandag uit die Leeus-kamp.

Rob Collins, spandokter, sê in ’n verklaring die Leeus het ’n uitgebreide en deeglike Covid-19-bedryfsplan, wat hersien en goedgekeur is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en deur die regering.

“Die bedryfsplan sluit in ’n vraelys voordat die terrein van Ellispark betree word, koors word gemeet, sosiale distansiëring word gehandhaaf, maskers word gedra en daar is sanitasie van hande en oppervlakke en alle toerusting wat gereeld gebruik word.

“Roetine SARS-CoV-2 PCR-toetse is uitgevoer op die hele span en die bestuurspan soos vereis deur die regering voordat daar teruggekeer word na die oefenveld.

“Die speler en bestuurslid is in isolasie en ontvang die behoorlike mediese behandeling. Almal met wie hulle in kontak was, is opgespoor en onder kwarantyn geplaas.

“Elke persoon wat getoets word, word onder kwarantyn geplaas totdat die uitslae beskikbaar is en dan geïsoleer indien die toets positief is.

“Enige pasiënt wat positief toets, sal die nodige mediese behandeling ontvang. Almal wat kontak met daardie persoon gehad het, word gekontak en gemonitor vir die tydperk wat hulle dan onder kwarantyn is,” sê Collins.

Volgens hom is nie een van die persone wat tot dusver positief getoets is, ernstig siek nie en is hulle óf asimptomaties óf het hulle net baie ligte simptome.

Meer oor:  Koronavirus  |  Leeus  |  Koronavirustoetse  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.