Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ster-senter Nico Lee nog lank ’n Vrystater
Die opwindende senter Nico Lee speel sy rugby tot aan die einde van 2019 in Bloemfontein. Foto: GALLO IMAGES

Die Vrystaat het aan die vooraand van Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd aangekondig die senter Nico Lee, een van die sterre van die reeks, sal vir nog drie seisoene vir hom beskikbaar wees.

Dit volg ’n dag nadat Lee (22) as een van die spelers van die reeks benoem is.

Sy spanmaat Ox Nché en die Westelike Provinsie se senter Huw Jones is die ander twee benoemdes.

Wat Lee se benoeming merkwaardig maak, is die feit dat hy in net ses van die Vrystaat se agt wedstryde gespeel het.

Francois Venter se besering wat hy teen die Blou Bulle opgedoen het, het aan Lee in die derde wedstryd teen die WP speelkans gegee. Hy het in die wedstryd op Nuweland Vrystaat se eerste drie gedruk en sedertdien nog nie teruggekyk nie.

Rory Duncan, Vrystaat se direkteur van rugby, sê hulle is verheug dat hulle Lee se dienste kon verleng.

“Nico is ’n jong speler en hy het ambisies om rugby op ’n hoër vlak te speel. Hy meen hy sal die grondslag daarvoor hier vind,” sê Duncan.

* Met die toegewing dat spanne 23 pleks van 22 spelers vir die halfeind mag kies, kan die Vrystaat Saterdag teen die Leeus dalk ’n stut oorweeg wat nog nie vanjaar Curriebekerrugby gespeel het nie.

Die twee stutte wat vandeesweek saam met die vergrote groep geoefen het, is Conraad “Beertjie” van Vuuren en Danie Mienie.

As die oefening enigsins ’n aanduiding is, kan die voormalige Shimla en o.21-stut van die Vrystaat, Van Vuuren, hom vandag (Donderdag) met die aanwysing van die span in die 23-tal bevind.

Voorts lyk dit ook of die Springbok-flank Oupa Mohojé verrassend weggelaat kan word. Daar was vroeër sprake dat hy van die plaasvervangerbank af speelkans sou kry.

Hy het net een helfte van die toets verlede Saterdag teen die All Blacks gespeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.