Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Nie waar dat VS se geldsake só benard is’

Dit is nie waar dat die Cheetahs se finansiële posisie só benard is dat spelers nou vir geld van buite moet soebat nie.

Ryno Opperman. Foto: Charl Devenish

“Dis nie waar nie,” sê Ryno Opperman, voorsitter van die Toyota Vrystaat-Cheetahs, ná mediaberigte Sondag dat spelers, wat name soos Ruan Pienaar en William Small-Smith insluit, ingespring het om die Vrystaat se rugbystatus as ’n grote te probeer red.

Luidens Rapport het Pienaar-hulle en ’n bestuurslid van die Cheetah-span, die fokus-fasiliteerder Ruan Botha, verskeie bekende sakelui en sakeondernemings in hul soektog na aandeelhouers en oplossings genader. Dit sluit ondernemings soos onder meer SA Truck, OFS Smart Repair, Human Auto, Nashua, Downtouch en selfs die prokureur Ian Small-Smith in.

In reaksie hierop het Opperman gesê die berig “mag misleidend wees en bevat nie al die agtergrond en feite nie”.

Volgens hom is daar reeds aan die einde van verlede jaar met ’n verteenwoordiger van ’n konsortium sake-ondernemings oor moontlike beleggings en aandeelhouding in die Cheetahs vergader.

Hulle het ook ander vooruitsigte, waaronder die moontlikheid om aan die Inter-Continental-toernooi in Europa deel te neem.

“Daar is ooreengekom om die gesprek op te skort oor die feesseisoen (weens betrokkenes wat met vakansie was), maar ’n opvolgvergadering met die groep is reeds vir vandeesweek belê.”

Hy sê ook dat die Vrystaat en Cheetahs se president, besturende direkteur en ander gedurende die feesseisoen onverpoosd agter die skerms gewerk het met SA Rugby en groot ondernemings wat kommersieel in die Cheetahs wil belê.

Dit sluit die Cheetahs se getroue borg Toyota Suid-Afrika in, wat die afgelope paar jaar groot geld in die span belê het.

Hulle het ook ander vooruitsigte, waaronder die moontlikheid om aan die Inter-Continental-toernooi in Europa deel te neem.

“Ons direkteur van rugby, Hawies Fourie, is daagliks besig om met bestaande en potensieel nuwe spelers oor kontrakte te praat. Die Cheetahs se weglating uit die Pro16 en begryplike onsekerheid het tot die vertrek van sommige spelers gelei, maar Fourie maak vordering om die span te bou.

“Spelers word gekontrakteer om te speel en nie om bestuursaangeleenthede te hanteer nie. Berigte en bespiegeling soos dié in Rapport dra nie by tot die welsyn van die Toyota Cheetahs nie,” sê Opperman.

Hy sê niemand onderskat die ontwrigting weens die koronavirus-pandemie en die gepaardgaande finansiële druk nie.

“Vrystaat-rugby bestaan al 125 jaar en het al talle krisisse deurstaan en oorkom. Die Cheetahs bevestig dat ons in staat is om alle kontraktuele verpligtinge na te kom en dat ons aktief vorder met deelname aan nuwe nasionale en internasionale rugbykompetisies.”

Volgens Opperman is Harold Verster, besturende direkteur, se ondervinding en leiding besonder waardevol in hierdie onsekere tye en word opvolgbeplanning gedoen vir sy uittrede, asook wanneer daar meer sekerheid oor die Cheetahs se onmiddellike toekoms is.

Meer oor:  Ryno Opperman  |  Finansies  |  Cheetahs  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Rugby  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.