Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Niemand kniel toe op Loftus Versfeld

’n Credo teen rassisme, maar geen gekniel ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging nie.

Só het die Suid-Afrikaanse rugbyseisoen hervat toe die Bulle en die Haaie Saterdagmiddag op Loftus Versfeld aantree vir “Superfan”-Saterdag.

Niemand het Saterdag op Loftus Versfeld gekniel nie. Foto: Gallo Images

Die Haaie het die veld met t-hemde met die woorde “We Say no to Racism” betree en die Bulle in hul Captain America-truie.

Albei spanne het voor die afskop in ’n kringetjie gestaan, maar geen speler het gekniel nie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het in ’n verklaring gesê hy verbind hom nogmaals tot sy veldtog teen diskriminasie en rassisme.

Saru het die veldtog genaamd Radar (Rugby Against Discrimination and Racism) saam met die Suid-Afrikaanse

Menseregtekommissie (MRK) begin ná ’n rassevoorval by ’n Springbok-toets in 2018.

Nathi Mthethwa, minister van sport, was verlede maand ontstig en het Saru genader toe Wêreldbeker-Bokke soos Lood de Jager en Faf de Klerk, asook verskeie ander Suid-Afrikaanse spelers wat vir die Sale Sharks in Engeland speel, besluit het om nie die knie te buig ter ondersteuning van die BLM-beweging nie.

Hoewel Mthethwa die spelers van rassistiese gedrag beskuldig het, het hy later gesê hy het geen plan om hulle te straf nie.

Meer oor:  Haaie  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.