Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nienaber moet langer wag vir Bok-buiging

Jacques Nienaber sal nie in Julie sy buiging as Springbok-afrigter maak nie.

Wêreldrugby het Vrydag aangekondig alle Julie-toetse wêreldwyd word uitgestel weens die koronavirus-pandemie.

Jacques Nienaber, die nuwe Springbok-afrigter. Foto: Gallo Images

Die besluit is geneem in die lig van kwarantyn-maatreëls in verskeie lande, kommer oor spelers wat nie genoeg tyd het om voor te berei nie en streng reisbeperkings, het Wêreldrugby in ’n verklaring gesê.

Nienaber, die nuwe Bok-hoofafrigter, sou sy era met ’n toetsreeks teen Skotland op 4 en 11 Julie ingelui het, waarna Georgië op 18 Julie in ’n geskiedkundige eerste toets op tuisbodem aangedurf sou word.

Ierland en Wallis sou in dié toetsvenster in onderskeidelik Australië en Nieu-Seeland getoer het en Eddie Jones se Engelse span sou Japan in twee toetse gepak het.

Volgens Wêreldrugby sal daar later ’n besluit geneem word oor die toetse.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê alle besluitneming sal afhang van dít wat die regering bepaal in terme van reis- en inperkingsmaatreëls, sowel as die riglyne wat Wêreldrugby onlangs gepubliseer het.

“Wat ook al besluit word, dit sal die spelers se gesondheid, welstand en die gepaste terugkeer-protokol voorop stel,” sê Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof.

Meer oor:  Koronavirus  |  Jacques Nienaber  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Covid-19  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.