Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jacques Nienaber neem Bokke se leisels

John Williams, Ian McIntosh, Kitch Christie, André Markgraaff, Carel du Plessis, Nick Mallett, Harry Viljoen, Rudolf Straeuli, Jake White, Peter de Villiers, Heyneke Meyer, Allister Coetzee, Rassie Erasmus.

Jacques Nienaber is die nuwe Springbok-afrigter. Foto: Gallo Images

Jacques Nienaber se naam kan ook nou by dié lys van Springbok-breiers sedert hertoelating gevoeg word nadat hy Vrydag amptelik as hoofafrigter van die nasionale rugbyspan aangewys is.

Nienaber volg sy goeie vriend en jare lange kollega Rassie Erasmus op. Erasmus sal steeds nou betrokke wees by die Bokke, maar in die oorhoofse hoedanigheid as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby.

Nienaber (47) het die afgelope dekade veral naam gemaak as ’n verdedigingsghoeroe en het ’n belangrike rol gespeel in die Bokke se verowering van die 2019 Wêreldbeker in Japan.

Deon Davids, ’n ervare afrigter wat ook die Southern Kings afgerig het, is soos verwag as een van die Bokke se hulpafrigters aangestel.

Saru het ook bevestig dat die voormalige toetsstut Daan Human as die Bokke se skrumkonsultant aangestel is. Sy dienste is bekom nadat Matthew Proudfoot, die Bokke se vorige voorspeler-afrigter en skrumkenner, hom by Engeland se afrigtingspan aangesluit het.

Mzwandile Stick behou sy pos as agterlyn-afrigter. Die Ier Felix Jones, wat die Bokke as konsultant bygestaan het tydens die WB-toernooi, bly ook aan by die span.

* Meer volg later.

Deon Davids is Vrydag as een van die Springbokke se hulpafrigters aangewys. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Jacques Nienaber  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.