Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nóg ’n All Black kies koers

Die All Black-flank Liam Squire gaan sy bande met Nieu-Seelandse rugby verbreek en ná afloop van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan speel.

Liam Squire tydens ’n oefensessie van die All Blacks in 2018. Foto: Getty Images

Die 27-jarige Squire, wat in 23 toetse vir die All Blacks gespeel het, is een van meer as ’n handvol Nieu-Seelandse sterre wat ná die toernooi in Japan groener weivelde gaan kry.

Dit is steeds nie bekend vir watter Japanse span hy gaan uitdraf nie, berig stuff.co.nz.

Squire, wat gereeld met beserings sukkel, sal behalwe vir die beter vergoeding in Japan ook baat vind by die rugby wat nie teen so ’n hoë intensiteit as in Nieu-Seeland gespeel word nie.

Jordan Taufua, ’n losvoorspeler wat in 2018 weens ’n besering nie sy toetsbuiging teen Frankryk kon maak nie, het verlede week aangekondig dat hy hom aan die einde van 2019 by die Engelse klubspan die Leicester Tigers gaan aansluit.

Kieran Read, die All Blacks se kaptein, het reeds aangekondig dat hy klaar is met toetsrugby ná afloop van die WB-toernooi en gaan moontlik klubrugby in Japan speel.

Ook die slot Sam Whitelock, wat al die land by ’n geleentheid aangevoer het, word verbind met ’n skuif oorsee. – Sportredaksie

Meer oor:  Kieran Read  |  Liam Squire  |  Japan  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.