Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nog ’n Du Preez kies koers oorsee

’n Derde Du Preez-broer, Jean-Luc, het ’n blitskontrak in Engeland losgeslaan.

’n Aankondiging word gou verwag waarin bevestig sal word dat die 23-jarige Springbok-flank van die Haaie reeds môre saam met sy ouboet Robert (25) by Faf de Klerk se klubspan Sale Sharks sal begin oefen.

Jean-Luc se tweelingbroer, Dan, is ’n kontrak deur Exeter Chiefs aangebied.

Jean-Luc du Preez. Foto: Gallo Images

Al drie die broers sal betyds terugkeer om vir hul pa Robert se span, die Haaie, in volgende jaar se Superreeks te speel.

Die drietal was vanjaar van die Haaie se staatmakers in die verowering van die Curriebeker.

Dan was veral een van die Curriebeker-sterre. Hy en Haai-spanmaats soos Coenie Oosthuizen en Akker van der Merwe is van die ongelukkiges wat nie vir die Bokke se toergroep na Europa gekies is nie.

Die Sale Sharks is tans onder groot druk in die Engelse Premierliga. Ná ses wedstryde beklee hulle die 11de plek uit 12 spanne op die puntelys en is hulle in ’n oorlewingstryd.

Hul belangstelling in Jean-Luc volg waarskynlik ná Skotland se besluit om Sale Sharks se Suid-Afrikaanse losvoorspeler Josh Strauss (32) weer vir toetsrugby te betrek.

Strauss, Jean-Luc, De Klerk, Robert, Jono Ross en Rohan Janse van Rensburg is Sale Sharks se Suid-Afrikaanse spelers.

Hul Engelse klubspan is ook naarstiglik op soek na stutte van gehalte. Daar was vroeër selfs sprake dat hulle in voorrymanne soos die Bokke Steven Kitshoff, Frans Malherbe en Oosthuizen belang stel.

Dis egter onwaarskynlik dat enige van die genoemde stutte binnekort met die Sale Sharks ’n kontrak sal sluit.

Meer oor:  Sale Sharks  |  Jean-Luc Du Preez  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.