Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nog ’n eerbewys vir Pieter-Steph

Die gevierde Springbok-flank Pieter-Steph du Toit is nogmaals vereer vir sy skitterspel die seisoen toe hy Dinsdagaand in Sandton as MyPlayers se Speler van die Jaar vir 2019 bekroon is.

Du Toit is, nadat hy die Springbokke vroeër die maand gehelp het om die Wêreldbeker in Japan te verower, ook as Wêreldrugby se Speler van die Jaar aangewys.

Die Springbok-kryger Pieter-Steph du Toit is as MyPlayers se Speler van die Jaar aangewys. Foto: Getty Images

MyPlayers sien na die belange van beroepspelers in Suid-Afrikaanse rugby om. Dit is die derde jaar wat die organisasie op dié wyse hulde bring aan die land se voorste spelers.

Du Toit volg as Speler van die Jaar in die voetspore van Malcolm Marx (2018) en Siya Kolisi (2017).

Schalk Brits, Cheslin Kolbe en Duane Vermeulen is vanjaar saam met Du Toit benoem.

Dié Swartlander het voorts ook met die Verdediger- en Voorspeler van die Jaar-toekennings weggestap.

Die Springbok-kryger Pieter-Steph du Toit is as MyPlayers se Speler van die Jaar aangewys. Foto: Getty Images

Herschel Jantjies, wat die Bokke se plaasvervanger-skrumskakel teen Engeland was in die WB-eindstryd, is beloon met die Beste van die Bank af- en #LoveChange-toekennings.

Die speler wat die grootste vordering in sy loopbaan gemaak het, kom vir die #LoveChange-toekenning in aanmerking.

Kolbe, die Bok-buksie wat ondersteuners se harte warm laat klop het met sy vaart, dartellopies en systappe in Japan, is MyPlayers se Agterspeler van die Jaar.

Die wenners in die kategorieë is deur ’n stemproses, waaraan die land beroepspelers deelgeneem het, bepaal.

Eugene Henning, uitvoerende hoof van MyPlayers, het groot lof vir Du Toit.

“Pieter-Steph was ongelooflik die afgelope twee seisoene en sy toekennings is welverdiend.

“Ek wil namens MyPlayers al die wenners gelukwens wat tot die spel bygedra het en ons vermaak het met die wonderlike rugby wat vanjaar gespeel is.”

Die Bulle-blits Rosko Specman is as die Ondersteuners se Speler van die Jaar aangewys.

Dit is die enigste kategorie wat deur die publiek se stemme bepaal is.

Meer oor:  Sandton  |  Springbok  |  Pieter-Steph Du Toit  |  Rugby  |  Cheslin Kolbe  |  Myplayers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.