Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nóg ’n Haai vat die pad na Engeland

Die slot Ruan Botha het hom aangesluit by etlike Haaie-rugbyspelers soos Akker van der Merwe, Coenie Oosthuizen, Jacques Vermeulen, en Philip van der Walt, wat hulle loopbane in Engeland gaan voortsit.

Ruan Botha / Foto: Gallo Images

London Irish het Maandag op sy webtuiste lidirect.co.uk aangekondig die 27-jarige slot gaan vir hom speel.

Hy sal aanvanklik vir die tydperk tydens die Wêreldbeker-toernooi beskikbaar wees en sal hom ná ’n seisoen vir die Kubota Spears in Japan in die voorseisoen in Junie 2020 by London Irish heraansluit.

Botha het 64 Superrugby-wedstryde op sy kerfstok en was voorheen kaptein van die Haaie.

Hy sluit hom aan by nuwelinge van die Exiles soos Allan Dell, Adam Coleman, Sean O’Brien, Nick Phipps, Sekope Kepu, Paddy Jackson, Curtis Rona, Waisake Naholo en Will Goodrick-Clarke.

– Sportredaksie

Meer oor:  Ruan Botha  |  Durban  |  Engeland  |  Engelse Premierliga  |  Rugby  |  Kontrak  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.