Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nóg ’n nuwigheid in Varsitybeker
Chris Smith, losskakel van Maties, vroeër vanjaar in aksie. Foto: Gallo Images

Daar is weer ’n nuwigheid in aanstaande jaar se Varsitybeker-rugbyreeks met die nuus dat ’n Noord-Suid-wedstryd daarná gespeel gaan word.

Vir baie jare, met die uitsondering van 2018, is ’n Droomspan ná die reeks gekies, wat dan teen die Junior Bokke te staan gekom het.

Ná 2019 se reeks sal ’n noordelike span bestaande uit spelers van die Universiteit van Johannesburg (UJ), Wits, Tukkies, Pukke en Ixias teen ’n suidelike span bestaande uit die Shimlas, Maties, Ikeys en die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK) te staan kom. Die plan is om die wedstryd in Bloemfontein te laat plaasvind.

Die verdedigende kampioenspan, die Maties, begin sy aanslag aanstaande jaar teen Wits, op die eerste Maandag van Februarie in Stellenbosch.

Wits was verlede seisoen een van die verrassingspakkies, maar het juis in die halfeindronde met 18-65 teen die Stellenbossers vasgeval.

Die Pukke, wat vanjaar in die eindstryd verloor het, kom in die eerste week teen die UJ in die Goudstad te staan.

Die nuweling, UWK, kom die eerste week teen sy buurman, die Ikeys, op die Green Mile te staan.

Die nuweling, UWK, kom die eerste week teen sy buurman, die Ikeys, op die Green Mile te staan.

UWK wat verlede jaar die Varsityskild gewen het, vervang die Madibaz, wat gerelegeer is.

Tuks, wat weer deur Nollis Marais gebrei sal word, kom op hul tuisveld teen die Ixias, wat ’n nuwe breier (Pieter Bergh) het, te staan.

Die Shimlas het in die eerste week ’n loslootjie, maar reis die tweede week na die Kaap om die UWK te pak.

Die herontmoeting tussen die Maties en die Pukke word op 4 Maart in Stellenbosch beslis.

Bepalings vir 2019:

4 Februarie: 16:45: Universiteit van Johannesburg (UJ) t. Pukke, 18:30: Ikeys t. Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK), 18:30: Tuks t. Ixias, 19:00: Maties t. Wits.

11 Februarie: 16:45: UWK t. Shimlas, 18:30: UJ t. Tuks, 18:30: Wits t. Ixias, 19:00: Ikeys t. Maties.

18 Februarie: 16:45: Ixias t. UJ, 18:30: Pukke t. UWK, 18:30: Wits t. Shimlas, 19:00: Tuks t. Maties.

25 Februarie: 16:45: Ikeys t. UJ, 18:30: Ixias t. Maties, 18:30: Tuks t. Wits, 19:00: Shimlas t. Pukke.

4 Maart: 16:45: UJ t. Wits, 18:30: Shimlas t. Ikeys, 18:30: UWK t. Tuks, 19:00: Maties t. Pukke.

11 Maart: 16:45: UWK t. Ixias, 18:30: Maties t. UJ, 18:30: Pukke t. Ikeys, 19:00: Shimlas t. Tuks.

18 Maart: 16:45: Wits t. Ikeys, 18:30: UWK t. UJ, 18:30: Ixias: t. Shimlas, 19:00: Pukke t. Tuks.

25 Maart: 18:30: Tuks t. Ikeys, Shimlas t. Maties, Ixias t. Pukke, Wits t. UWK.

1 April: 18:30: UJ t. Shimlas, Pukke t. Wits, Maties t. UWK, Ikeys t. Ixias.

8 April: Halfeindronde.

15 April: Eindstryd.

22 April: Noord-Suid-wedstryd.


Meer oor:  Chester Williams  |  Nollis Marais  |  Suid-Afrika  |  Varsitybeker-Reeks  |  Maties  |  Tuks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.