Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nóg ’n oorsese Bok keer terug van besering

Johan Goosen is gereed vir sy terugkeer saam met Montpellier nadat hy weens ’n enkelbesering meer as ses weke lank buite aksie was.

Johan Goosen word met ’n draagbaar van die veld gedra. Foto: Getty Images

Goosen (26), wat rugby in 2016 vaarwel geroep het voordat hy hom vanjaar in die afseisoen by die Franse Top14-span aangesluit het, is op ’n draagbaar van die veld geneem in Oktober se sege oor Toulon.

Sy wedstryd is ná ses minute beëindig toe hy kort voor die Toulon-doellyn van agter deur die vleuel Daniel Ikpefan gelak is en hy sleg geval het. Hy het ’n fraktuur aan sy enkel opgedoen en ligamente verrek.

Johan Goosen in aksie vir die Bokke teen Engeland op Twickenham in 2016. Foto: Getty Images

Rugby365 berig die Springbok-agterspeler, wat 13 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, se rehabilitasie het vlot verloop en hy sal straks beskikbaar wees om Saterdag teen Clermont uit te draf.

Goosen het kort ná die besering gesê hy droom steeds daarvan om weer vir die Bokke te speel.

Hy het in April vanjaar die eerste keer sedert 2016 sy terugkeer tot die veld gemaak toe hy vir die Cheetahs in ’n Pro14-wedstryd teen Munster in Bloemfontein gespeel het. Hy het hom daarna by Montpellier aangesluit.

Met die Wêreldbeker-toernooi wat volgende jaar in Japan beslis word, is daar omtrent ’n geskarrel vir plekke in Rassie Erasmus, die Bok-afrigter, se groep.

Goosen is ’n veelsydige speler en kan ’n aanwins vir die nasionale span wees, sou daar besluit word om hom te betrek.

* Die Suid-Afrikaanse slot Jacques du Plessis word ’n ruskans gegun nadat hy verlede naweek deel was van die span se 18 – 15-sege teen Agen, Montpellier se eerste oorwinning in drie wedstryde.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Top14  |  Montpellier  |  Toetsrugby  |  Johan Goosen  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.