Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nóg ’n OP-speler vort na Spaanse klub

El Salvador, ’n Spaanse rugbyklub, het duidelik ’n voorliefde vir losskakels uit die Oos-Kaap.

Martin du Toit verruil Port Elizabeth en die Southern Kings binnekort vir die stad Valladolid en die El Salvador-rugbyklub in Spanje. Foto: Getty Images

Martin du Toit, wat die afgelope drie seisoene vir die Southern Kings en die Oostelike Provinsie gespeel het, vertrek in Augustus na Valladolid om vir dié klub te gaan speel.

Voor hom het Hansie Graaff en Regardt van Eyk ook vir El Salvador uitgedraf.

Graaff het in 2014 en 2015 vir die OP gespeel voor hy na Spanje is. Hy speel nou vir die Franse klub Massy.

Van Eyk het in 2004 sy debuut vir die OP gemaak. Hy het ook voorheen in Brittanje klubrugby gespeel.

Du Toit sê El Salvador was al ’n geruime tyd op sy spoor.

“Juan Carlos Pérez (die afrigter) wou my al vroeër daar gehad het, maar ek het gehoop dat ek weer by die Kings gekontrakteer sou word,” sê hy.

“Toe ek nie meer vir die span gekies word nie, het ek besef dat ek ernstig ander werk moet soek.

“Pérez het steeds gereeld met my gepraat en ek het toe maar besluit om die skuif te maak.”

Hansie Graaff, hier in aksie vir die Franse klub Massy, het ook voorheen vir El Salvador gespeel. Foto: Facebook

Die 29-jarige Du Toit, wat ook op senter en heelagter gebruik kan word, moet die eerste week in Augustus by El Salvador aanmeld.

“Ek het besluit dis in elk geval die regte tyd vir ’n nuwe ervaring en hoewel ek nie veel van die klub weet nie, verstaan ek dis een van die sterkeres in Spanje,” sê hy.

Dit was Graaff wat Pérez van Du Toit vertel het. Graaff en Du Toit het in 2016 saam by die SWD-Arende in George gespeel.

Du Toit het die afgelope seisoen net ’n paar keer vir die Kings gespeel.

Hy was ook nog onlangs vir die OP-Olifante in die SuperSport-uitdaagreeks in aksie.

Regardt van Eyk is nog ’n voormalige OP-losskakel wat vir die Spaanse klub El Salvador uitgedraf het. Hier is Van Eyk in 2007 vir die Engelse klub Devon in aksie. Foto: Gallo Images

Meer oor:  El Salvador  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.