Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nog ’n skolespeler kies Frankryk
Kevin Strydom in aksie vir die Hoërskool Goudveld. Foto: Denise Kirsten

’n Leerling van die Hoërskool Goudveld in Welkom pak binnekort sy tasse om sy droom te verwesenlik en in Frankryk te gaan rugby speel.

Die 18-jarige Kevin Strydom sluit hom in Desember by die Franse klubspan Aurillac se akademie aan. Sy kontrak strek aanvanklik tot Junie, waarna hy die opsie het om dit te verleng.

Strydom het sy CV en ’n korterige video van sy spel op ’n rugbywebtuiste gelaai, waar die Franse dit raakgesien het. Hulle was so ingenome daarmee dat hulle hom gevra het om ’n opname van ’n volledige wedstryd aan te stuur. Kort daarna het die “hofmakery” begin.

“Dit was nog altyd my droom om daar (Frankryk) te speel en van rugby ’n loopbaan te maak. Hier is nie baie geleenthede in die platteland nie; ons word nie maklik raakgesien nie,” sê Strydom, wat slot of flank kan speel.

Hy het die Griffons in 2019 by die SA Akademieweek verteenwoordig en ook vir die Perses se o.17-sewesspan gespeel.

Strydom vertel dat hy wel effens skrikkerig is vir die taalaanpassing. “Ons praat nie eens te veel Engels hier op die platteland nie, wat nog te sê van Frans.

Ons praat nie eens te veel Engels hier op die platteland nie, wat nog te sê van Frans.
Kevin Strydom

“Hulle (die klub) doen egter baie moeite en gaan die koste dek dat ek Frans kan leer. Daar sal ook gevolge wees as ek byvoorbeeld nie die klasse bywoon nie.”

Sou die geleentheid om eendag die Hane op die rugbyveld te verteenwoordig oor sy pad kom, sê Strydom hy sal dit beslis met albei hande aangryp.

Hy gaan nie studeer nie en hoop om eendag ná sy speeldae te gaan boer.

• Quintin Olivier, nog ’n Suid-Afrikaanse skolier asook slot en kaptein van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark, het onlangs ’n kontrak van twee jaar met die Franse klubspan US Montauban gesluit.

Meer oor:  Welkom  |  Frankryk  |  Kontrak  |  Europa  |  Slot  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.