Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nóg ’n slag tref Cheetahs: Mapimpi word ’n Haai

Makazole Mapimpi sal hom in Februarie by die Haaie aansluit.

Makazole Mapimpi

Dié vleuel van die Cheetahs, en Leolin Zas van die Westelike Provinsie, is gekontrakteer om die Durbaniete se diepte van 2018 af op vleuel te verbeter. Zas kan ook as ’n heelagter oorweeg word.

Mapimpi sal sy meubels eers in Februarie 2018 van Bloemfontein na Durban laat vervoer. Hy sal tot dan nog vir die Cheetahs se Pro14-span beskikbaar wees.

Die 27-jarige boorling van Mdantsane het in vanjaar se Superrugby-reeks naam vir homself met sy goeie spel vir die South­ern Kings gemaak. Toe hy vroeër vanjaar met die Cheetahs begin onderhandel het, was daar nog onsekerheid of die Vrystaters volgende jaar in die Superreeks speel.

Mapimpi se skuif na die Haaie is moontlik gemaak vanweë ’n klousule in sy kontrak wat vereis dat hy moet Superrugby speel.

Sy besluit is ’n groot terugslag vir die Vrystaters. Raymond Rhule en Sergeal Petersen se Cheetahs-kontrakte verstryk boonop einde Oktober. Albei is op pad Kaapstad toe, waar hulle hoop om van volgende jaar af vir die Stormers te speel.

Dis boonop nog onseker tot wanneer die Springbok-sewesspeler Rosko Specman deur die Cheetahs oorweeg kan word. Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, kan die laaste sê hê.

Specman, Chris Dry en Cecil Afrika speel tans vir die Vrystaters in die Curriebeker- en die Pro14-reeks.

Meer oor:  Haaie  |  Westelike Provinsie  |  Makazole Mapimpi  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.