Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nog ’n spruit van Franco in Grey-span
Grey-kollege se Franco Knoetze duik oor vir ’n drie teen Paul Roos Gimnasium verlede seisoen in Stellenbosch. Foto: Gallo Images

Grey-kollege, die voorste skolerugbyspan in die land, begin sy seisoen Saterdag met Franco Smith, afrigter van Italië, se seun op losskakel.

Jean Smith volg in die voetspore van sy broer, Franco jr., wat in 2018 vir Grey se eerstespan uitgedraf het.

Die Bloemfonteiners kom om 14:00 op hul tuisveld teen Welkom-Gimnasium te staan.

Grey beskik oor ’n klompie spelers wat verlede jaar hul merk in die eerste span gemaak het, soos die vleuel Franco Knoetze, die heelagter, Nabo Sokoyi, en haker, Ricardo Fourie.

Dan was die Tiaan Fourie (skrumskakel) en Gert Steyn (senter) deel van die Suid-Afrikaanse o.18-skolesewesspan wat die afgelope naweek die Capricorn-toernooi in Windhoek, Namibië, gewen het.

Toe Grey en Gimmies verlede jaar kragte gemeet het, het die Bloemfonteiners met 29-0 by Brandfort se sportdag gewen.

Grey het verlede naweek proewe gespeel by die sportdag van President Steyn en dit is sy eerste kragmeting van die seisoen.

Toe Grey en Gimmies verlede jaar kragte gemeet het, het die Bloemfonteiners met 29-0 by Brandfort se sportdag gewen.

Knoetze sal goeie herinneringe aan daardie dag hê, aangesien hy ’n driekuns aan drieë in eendeweer behaal het.

Gimmies het self spelers wat ’n wedstryd op sy kop kan keer. Hul agtsteman, Keke Morabe, het die Suid-Afrikaanse Skolespan in 2018 en 2019 verteenwoordig.

Dan was hul senter Keno Alexander ook die afgelope naweek saam met die SA Skolesewesspan in die buurland. Gimnasium het die afgelope naweek vir Menlopark met 43-7 afgeransel in sy eerste wedstryd van die seisoen.

Ander bepalings (tuisspanne eerste):
12:45: Cherries t. Voortrekker. Sentrale Skolereeks: 13:10: Noord-Kaap t. Jim Fouché, 14:30: Goudveld t. Fichardtpark, 16:20: Diamantveld t. Sentraal. Vriendskaplik: 11:30: Ellisras t. Witteberg, 13:50: Landboudal t. Marlow. Vriendskaplik by Diamantveld: 13:30: Klerksdorp t. Upington, 14:40: Duineveld t. HTS Louis Botha. Brandfort-sportdag: 12:30: President Steyn t. Wessel Maree, 13:30: Parys t. Sand du Plessis, 14:30: Saints t. Bothaville, 16:00: Staatspresident Swart t. Orkney.
 
Meer oor:  Franco Smith  |  Bloemfontein  |  Skolerugby  |  Grey  |  Cheetahs  |  Afrigter  |  Losskakel  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.