Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nog ’n terugslag tref Cheetahs
Aidon Davis in aksie teen die Glasgow Warriors in Bloemfontein. Daar word nog gewag om te hoor hoe lank hy uit aksie gaan wees.Foto: Gallo Images

’n Groot terugslag het die Cheetahs aan die vooraand van hul Pro14-wedstryd Vrydag teen Ulster getref met die nuus dat die agtsteman Aidon Davis nie vir die span se tweede tuiswedstryd oorweeg kan word nie.

Davis moes Maandag ’n klier in sy nek laat uitsny en in die stadium is daar nog nie duidelikheid hoe lank hy buite aksie sal wees nie.

Die 24-jarige Davis, wat verlede week in die Cheetahs se eerste tuiswedstryd teen die Glasgow Warriors die eerste keer in die beginspan ingesluit is nadat hy in die eerste twee wedstryde as plaasvervanger kans gekry het, is teen die planke.

“Dis ’n groot terugslag dat ek nie die naweek kan

Die sny aan my nek is nogal groot waar die klier verwyder is en die mediese span wil nie enige kanse waag nie.
Aidon Davis

speel nie. Die sny aan my nek is nogal groot waar die klier verwyder is en die mediese span wil nie enige kanse waag nie.

“Dit is nog te vroeg om met sekerheid te sê, maar dit lyk of ek moontlik net dié naweek nie sal kan speel nie.

“Die klier is intussen weggestuur om vas te stel hoekom dit so groot opgeswel het en die uitslae van die toetse is moontlik Woensdag of Donderdag bekend,” sê Davis.

Steph Malan, Cheetahs-losvoorspeler.

Met die jongste terugslag kry die Curriebeker-flank Steph Malan sy kans. Hy behoort vanaf die plaasvervangersbank sy Pro14-buiging teen Ulster te maak.

Malan word beloon vir sy goeie spel in die Curriebeker-reeks, wat terloops Vrydag vir die Vrystaat-Cheetahs ten einde loop met die wedstryd teen die Pumas, ook in Bloemfontein.

Davis se besering bring mee dat Niell Jordaan, wat verlede week die eerste keer die seisoen Pro14-rugby vanaf die plaasvervangersbank gesmaak het, met die nr. 8-trui toevertrou kan word.

Franco Smith, afrigter, was duidelik teleurgesteld met die jongste stand van sake, omdat sy lys van beseerdes by die dag langer word.

“Dit is ’n terugslag, maar dit was ’n operasie wat ongelukkig nié uitgestel kon word nie.

“Nou wag ons op die uitslae van die toetse en ons sal dit dan van daar af neem,” sê Smith.

Nog ’n speler oor wie daar aan die begin van die week kommer bestaan het, die slot Justin Basson, behoort gereed te wees. Hy het longontsteking gehad.

Hy het Dinsdag weer nie saam geoefen nie, maar Smith is vol vertroue dat hy die naweek verkiesbaar sal wees nadat hy verlede week op die nippertjie aan die wedstryd 23-tal onttrek is.

Die Cheetahs is reeds sonder die dienste van die stut Luan de Bruin (enkel), die agtsteman Jasper Wiese (skouer).

* Vrydag se wedstryd word deur die skeidsregter Ben Whitehouse van Wallis behartig.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Ulster  |  Pro14  |  Flank  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.