Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nóg ’n Wallaby beseer voor reeks teen Hane
Scott Sio sal weens ’n besering nie in die komende toetsreeks vir die Wallabies teen Frankryk kan speel nie. Foto: Getty Images

Die voorryman Scott Sio het ’n dyspierbesering in ’n oefening opgedoen en sal nie vir die Wallabies in die komende toetsreeks teen Frankryk kan speel nie.

Cameron Orr van die Rebels is in Sio se plek opgeroep in die Wallabies se groep wat vir die eerste toets, wat op 7 Julie in Brisbane gespeel word, voorberei.

Die Wallabies sukkel reeds met ’n lang beseringslys. Sio se spanmaat Nic White (skrumskakel) moes ook reeds weens ’n kniebesering onttrek. Nog ’n skrumskakel, Jake Gordon, herstel ook nog van ’n kniebesering.

Wat Dave Rennie, Wallaby-breier, dalk die meeste sal bekommer, is dat twee van sy kreatiefste agterspelers, James O’Connor en Matt Toomua, ook las van beserings het.

O’Connor probeer nou vir ’n paar weke al van ’n nekbesering herstel. Hy kon sover net aan sekere van die Wallabies se oefensessies by die Gold Coast deelneem.

Om eerlik te wees, ek is nie presies seker wat sy situasie is nie. Hy is beslis hier rond en hy het die ander dag ’n bietjie gehardloop.
Tate McDermott

“Om eerlik te wees, ek is nie presies seker wat sy situasie is nie,” het die skrumskakel Tate McDermott Dinsdag ná die Wallabies se oefening gesê.

“Hy is beslis hier rond en hy het die ander dag ’n bietjie gehardloop.”

Australië het verlede week die toets van Sydney na Brisbane geskuif toe die owerhede Sydney vir twee weke weens ’n nuwe vlaag Covid-19-gevalle ingeperk het.

Brisbane het self Dinsdag ’n inperking van drie dae ingegaan nadat twee nuwe plaaslike gevalle deur die Queensland-regering gerapporteer is.

Die Wallabies moes verlede jaar vir twee weke in hul hotel in kwarantyn gaan voordat hulle teen die All Blacks kon speel.

Volgens McDermott weet die spelers dus wat om te verwag en sal hulle reg wees vir die nuwe Covid-19-inperkings. – Reuters

Meer oor:  Scott Sio  |  Frankryk  |  Australie  |  Stut  |  Beseer  |  Wallabies  |  Hane  |  Toets  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.