Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ma’a Nonu gaan weer vir Toulon speel
Die voormalige All Black-senter Ma’a Nonu is al weer op pad Frankryk toe om vir Toulon te gaan speel. Foto: Gallo Images

Op 38-jarige ouderdom is die voormalige All Black-senter Ma’a Nonu nog nie klaar met rugby speel nie.

Toulon het ’n noodoproep na Nonu uitgestuur om hom weer by dié Franse klub aan te sluit as ’n “medical joker” (plaasvervanger vir ’n beseerde gekontrakteerde speler of spelers).

Volgens ’n verklaring wat Toulon uitgestuur het, is Nonu opgeroep as gevolg van die beserings waarmee Anthony Belleau en Julien Hériteau tans sukkel.

Nonu, wat tussen 2015 en 2018 ook vir Toulon gespeel het, sal hom glo binne die volgende paar dae weer by die klub aansluit.

Nonu het verlede jaar nog vir die Blues gespeel en hy het hom vanjaar doenig gehou met afrigting op klubvlak in Wellington nadat hy ’n kort rukkie vir die San Diego Legion in Amerika uitgedraf het.

– Stuff.co.nz

Meer oor:  Ma’A Nonu  |  Toulon  |  Top 14  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.