Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Noodfonds vir sukkelende Kings gestig
Beter dae: Braam van Straaten toe hy nog een van die Southern Kings se hulpafrigters was. Foto: Southern Kings

Die voormalige Springbok Braam van Straaten het sy gewig agter ’n fondsinsameling, wat daarop gemik is om die Southern Kings se verstote spelers en beamptes te help, gegooi.

Vir Van Straaten, wat ’n hulpafrigter by die Kings was, gaan dit egter veral oor die jonger spelers, vir wie “die mat so wreed onder hulle voete uitgeruk is”.

Daar is 36 spelers en 16 afrigters en ander werknemers wat by die Kings werksaam was, wat weens die franchise se skielike likwidasie sonder ’n werk en ’n salaris sit.

“Jy weet, dis moeilik vir ons almal. Maar ek is ’n ervare afrigter, wat darem al ’n CV het wat ek kan uitstuur om weer iewers werk te probeer kry, maar dis veral die jong ouens wat nou in groot moeilikheid is,” sê Van Straaten.

“Ek werk al vir jare met van hierdie ouens, van toe hulle nog op skool was. Hulle is amper soos my eie kinders.

“En dat hulle nou in die posisie is waar hulle is, is die grootste skande.

“Daar is nie op die oomblik vir hulle werkgeleenthede nie en hulle is regtig in die sop.”

Volgens Van Straaten het die jong manne nie baie geld verdien nie en was die idee altyd dat hulle algaande by die Kings verbeter en oor ’n paar jaar die staatmakers van die span sou wees.

“Hulle drome is aan skerwe. Hulle begin nou eers bou aan ’n loopbaan, maar waarheen nou?” vra Van Straaten.

“Ons praat altyd in rugby van die ‘broederskap’, maar dis ’n skok as jou werkgewer nie dieselfde karaktereienskappe as jou spanmaats uitstal nie.

“Wat het geword van die beloftes wat gemaak is? Iemand moet verantwoording doen!”

Intussen het Van Straaten in samewerking met Piet Heymans, die hoof-uitvoerende beampte van Sport Employees Unite, ’n fonds gestig om die nood te help probeer verlig.

Volgens Braam van Straaten word daar baie oor broederskap in rugby gepraat, maar dis teleurstellend as jou werknemer nie ook so sterk oor die saak voel nie. Foto: Southern Kings

Meer oor:  Myplayers  |  Eugene Henning  |  Kings  |  Braam Van Straaten  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.