Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Noordelike Halfrond ‘is gereed’

Hy kan nie sien hoe al vier spanne in die Suidelike Halfrond – soos in 2015 – die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi haal nie, voorspel Mario Ledesma, afrigter van Argentinië se rugbyspan.

Die Poemas se breier het Saterdag op Loftus Versfeld, nadat sy span met 18-24 teen die Springbokke verloor het, gesê die komende WB-toernooi in Japan “is opwindend vir almal”.

Argentinië was Saterdag op Loftus Versfeld fisiek in die kontaksituasies. Hier ontgeld Siya Kolisi dit. Foto: Gallo Images

Gaan dit meer onvoorspelbaar wees as vorige toernooie?

“Dit het verlede week so gelyk nadat die All Blacks verloor het en 47 punte teen die Wallabies afgestaan het.

“Nou (Saterdag in Auckland) het Nieu-Seeland weer met 36-0 gewen. Dit is moeilik om te sê.

“Ek dink wel nie ons gaan weer al vier spanne van die Suidelike Halfrond in die halfeindstryd sien nie.

“Die spanne in die noorde het hul huiswerk gedoen en speel werklik goeie rugby.

“Wallis en Engeland lyk uiters gedug en Ierland het al die All Blacks twee keer geklop. Dit is opwindend vir almal.”

Ledesma was duidelik van mening dat die Poemas Saterdag aan die kortste ent getrek het op Loftus.

Hy is uitgevra oor die obstruksie-beslissing wat sy span in die 76ste minuut van ’n waarskynlike oorwinning beroof het. 

“Net een drie? Daar was drie gevalle.

“Ja, ons sal beter moet speel om seker te maak daardie drieë word gedruk.

“Ek het gedink dat ons beslis ongelukkig was met een van die drieë wat nie toegeken is nie. In elk geval, jy kry dit soms.”

Mario Ledesma, hoofafrigter van die Poemas. Foto: Gallo Images

Ledesma het gesê hulle was oorgehaal om ’n beter vertoning te lewer ná verlede naweek se groot nederlaag teen die Bokke in Salta.

“Ons het swak gespeel verlede week, maar ek twyfel nie in my spelers nie. Veral die agttal was lekker fisiek en het die Bokke aangevat op die voordeellyn.”

Hy praat reguit oor Los Pumas se onlangse gesukkel in die skrums.

“Wat bedoel jy met onlangs? Eintlik die laaste paar jaar.

“Ek glo egter ons vorder. Dit is massief vir ons, want dit is in ons DNS.

“Ons is 20, 30 jaar gelede gevrees vir ons skrums en dit is iets wat ons weer moet vestig.

“Jy kan met ’n kragtige skrum so ’n groot sielkundige impak op ’n toets hê en ons werk hard daaraan,” het hy op die span se mediakonferensie gesê.

Die Poemas se kaptein, Pablo Matera, sê veral hul samespel moet verbeter voor die WB-toernooi.

“Ons het ’n maand gelede as ’n groep bymekaar gekom en daar was sowat tien spelers wat van Europese klubs by ons aangesluit het.

“Ons het nie in die Rugbykampioenskap daarin geslaag om te speel soos wat ons wou nie.

“Ek glo wel jy kon vandag (Saterdag) daardie vonk sien.”

Puntemakers

Suid-Afrika 24 (8). Drieë: S’bu Nkosi (2).  Doelskop: Jantjies. Strafdoele: Elton Jantjies (4).

Argentinië 18 (10). Drieë: Guido Petti, Pablo Matera. Doelskop: Diaz Bonilla. Strafdoel: Joaquin Diaz Bonilla, Benjamin Urdapilleta. 


    Meer oor:  Argentinië  |  Bokke  |  Mario Ledesma  |  Springbokke  |  Poemas  |  Wêreldbekerrugby
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.