Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Notshe verruil Kaap vir Durban

Die Haaie het die toutrekkery met franchises soos die Bulle en Leeus om die handtekening van Sikhumbuzo Notshe gewen.

Sikhumbuzo Notshe wil Stormers-ondersteuners iets gee om oor te glimlag in vanjaar se Superrugby-reeks.Foto: Gallo Images

Die 26-jarige boorling van King William’s Town is saam met die Cheetahs se Henco Venter en die Leeus se James Venter ná die Curriebekerreeks op pad na Durban.

Hulle moet in volgende jaar se Superreeks die leemte help vul wat spelers soos Jean-Luc du Preez, Dan du Preez (albei Sale Sharks), Philip van der Walt (Newcastle Falcons) en Jacques Vermeulen (Exeter Chiefs) gelaat het.

Notshe het die Bokke verlede jaar in ses toetse verteenwoordig, maar kon nog nie vanjaar vir hom ’n plek in die nasionale groep oopspeel nie.

Sy skuif na Durban maak sin omdat die opwindende Juarno Augustus as die Stormers se eerstekeuse-agtsteman beskou word. As Augustus sonder beserings bly, kan hy eendag op ’n hoë vlak rugby speel.

Die Durbaniete het ook planne om die blondekop-baljagter van die Junior Bokke, Dylan Richardson, later die seisoen speelkans in die Curriebeker te gee.

Richardson speel tans om die beurt haker en flank, maar sal grootliks as flank vir die senior span oorweeg word.

Die jong Celimpilo Gumede kan ook nog in die Curriebeker speelkans kry.

Meer oor:  Haaie  |  Leeus  |  Bulle  |  Curriebekerreeks  |  Henco Venter  |  Sikhumbuzo Notshe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.