Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nou of nooit om Spele-span te haal

Wanneer bespiegel word hoe die Blitsbok-groep gaan lyk vir die Olimpiese Spele wat aanstaande maand begin, duik die name van Ronald Brown en Lubabalo Dobela nie noodwendig eerste op nie.

Ronald Brown erken die senuwees pla maar effens in die aanloop tot die aankondiging van die Blitsbok-groep vir die Olimpiese Spele. Foto: Gallo Images

In sewesterme is dié twee immers groentjies en die enigste spelers – waaruit die groep vir die Spele gekies gaan word – wat nog nie hul slag in Wêreldrugby se sewesreeks gewys het nie.

Dit beteken egter nie dat hulle nie sterk in die wedloop is om ’n vliegkaartjie na Tokio te kry nie.

Die groep waaruit Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, die uitverkorenes gaan aanwys, berei sedert verlede week in Johannesburg voor.

Lubabalo Dobela kry die naweek ’n laaste geleentheid om Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, van sy deugde te oortuig. Foto: Gallo Images

Soos verlede naweek die geval was, sal die spelers ook hierdie naweek, Vrydag en Saterdag, wedstryde teen die All Stars speel. Vir die spelers is dit die allerlaaste geleentheid om Powell te probeer oortuig om ’n regmerkie agter hul naam te maak.

“Ek is al lank genoeg deel van die stelsel om te weet dat elkeen sy deel moet bydra vir die stelsel om te werk. Dit is baie waardevol vir my om hier te wees, ek leer baie,” sê Brown in ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.

“Veral om saam met groot name soos Justin Geduld en Branco du Preez te wees – dit is ouens by wie ek kan leer.”

Brown sê sy maag trek effens op ’n knop wanneer hy dink aan die aankondiging van die groep vir die Spele wat binnekort gemaak gaan word.

“ ’n Mens is op jou senuwees. Maar dit is ’n goeie ding. Ek dink ons as ’n groep het goed gevaar en so goed as moontlik vir die Spele voorberei.”

• Die Blitsbokke keer Sondag na hul hoofkwartier in Stellenbosch terug.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele  |  Sewes  |  Neil Powell  |  Ronald Brown  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.