Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nou wag Pumas op Ligbloues in Curriebeker

Daar sal nie hierdie week by Loftus Versfeld tyd wees vir heilige koeie lawe of wonde lek nie, want die Pumas wag Vrydagaand in die Curriebeker-reeks.

Jimmy Stonehouse se span sal met groot selfvertroue in Pretoria aankom nadat hy Vrydagaand die Leeus in die openingsronde van die reeks met 39-10 geroer het in Mbombela.

Dewald Donald, plaasvervanger-stut van die Blou Bulle, beur Saterdag op Loftus Versfeld oor vir sy span se bonuspuntdrie teen die Westelike Provinsie. Foto: Gallo Images

Die Bulle, die Curriebeker-kampioen, het op hul beurt hul 2021-veldtog Saterdag op Loftus met ’n nederlaag van 24-48 teen die Westelike Provinsie begin.

Dít was met ’n amperse klubspan en die bonuspunt wat die Blou Bulle aan die einde gekry het toe hulle ’n vierde keer gaan afrond het, was die enigste ligpunt op ’n donker dag vir dié unie.

“Dit gaan nie makliker raak nie; die spanne wil ons klop.

“Ons kry Vrydagaand reeds ’n kans by die huis en ek sien uit daarna.

“Dit is belangrik dat ons nou weer ’n manier vind om op die wenpad te kom,” het die afrigter Jake White ná die senior Bulle se nederlaag in Italië gesê.

Pine Pienaar, wat agtergebly het om die Curriebeker-Bulle verlede week af te rig, was meer as tevrede met die durf waarmee sy “C-span” teen die WP gespeel het.

“Al wat ons gevra het, is dat die ouens baklei tot die einde toe.

“Ek dink die spelers het ’n ongelooflike verskil van die bank af gemaak.

Al wat ons gevra het, is dat die ouens baklei tot die einde toe.
Pine Pienaar

“Om die bonuspunt te kry toe speeltyd al verby was, sê baie van die spelers se karakter en hoe baie die wedstryd vir hulle beteken het,” het Pienaar gesê.

Daar was ook individue soos die heelagter Richard Kriel wat ’n aanspraak op ’n plek in die beginspan gemaak het met ’n uitstekende vertoning.

White en die Bulle se kopdokter, dr. Henning Gericke, sal dié week hard moet werk om die spelers se duik in hul selfvertroue en ingesteldheid te takel ná die fiasko in Treviso.

“Een slegte wedstryd maak ons nie nou ’n swak span nie.

“Ek het al baie hoogtepunte saam met die groep spelers ervaar en ons moet nou daarop fokus om ’n plek in die halfeindronde te kry. Dit is die volgende doelwit,” het White gesê.

Die senter Harold Vorster het reeds sy opwagting in Pretoria gemaak en twee ander aanwinste, Johan Goosen en Jacques du Plessis, sal vroeg aanstaande maand ook by Loftus aanmeld.

Meer oor:  Jake White  |  Pretoria  |  Jimmy Stonehouse  |  Westelike Provinsie  |  Curriebeker  |  Pine Pienaar  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.