Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nou wil Sonny Bill vir Samoa speel

Die voormalige All Black-senter Sonny Bill Williams beoog glo ’n terugkeer na internasionale rugbyliga, maar dit sal waarskynlik nie in die bekende swart trui wees nie.

Sonny Bill Williams het in rugbyliga se Wêreldbekertoernooi in 2013 teen Samoa gespeel. Foto: Getty Images

Williams het weer die vyftienmanspel vir rugbyliga verruil nadat hy ’n lonende kontrak met die Toronto Wolfpack onderteken het.

Stuff berig hy wil graag vir Samoa uitdraf en beplan om volgende jaar sy buiging te maak teen Engeland in Sydney.

Williams (34) het 12 toetse vir die Kiwi’s gespeel tussen 2004 en 2013. Hy het teruggekeer na die vyftienmanspel om deel te wees van die All Black-span wat die Wêreldbekertoernooi in 2015 gewen het.

Volgens Samoa se afrigter, Matt Parish, was hy nog nie in gesprekke met Williams nie, maar hy weet van mense wat wel was.

“Sonny Bill sal massief wees vir ons span met betrekking tot wat ons wil bereik,” sê Parish.

“Volgens aanduidings is hy baie gretig. Ek dink beslis die vooruitsig om vir Samoa te speel sal aanklank vind by Sonny op hierdie stadium van sy loopbaan.

“Ons sal elke opsie oorweeg. Hy is ’n leier op en van die veld. Sonny Bill het ’n massiewe invloed waar hy ook al gaan.

Hoewel Samoa gretig is om Williams se dienste te bekom, het Michael Maguire, Nieu-Seeland se afrigter, nog nie die moontlikheid dat die sterspeler vir die Kiwi’s kan terugkeer, laat vaar nie.

“Uit die aard van die saak sal ek en my senior spelers gesels oor wie ons moontlik kan betrek,” sê Maguire.

“Jy moet kyk na wat ons ontwikkel en as mense inkom, beweeg hulle in dieselfde rigting? Dit is beslis ’n ope geleentheid.”

Williams het in rugbyliga se Wêreldbekertoernooi in 2013 teen Samoa gespeel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Sonny Bill Williams  |  All Blacks  |  Rugbyliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.