Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nr 1-status beteken niks – Ierse breier

Ierland sal as die voorste span in wêreldrugby in Japan aankom vir die stryd om die Webb Ellis-beker, maar dié span se afrigter, Joe Schmidt, sê die All Blacks is steeds die gunstelinge.

Is Eddie Jones se Rose bestem vir Wêreldbeker-glorie? Conor O’Shea, Italië se breier, glo so.Foto: Getty Images

Die Iere het Wallis Saterdag in Dublin met 19-10 gewen in die spanne se laaste slypkans voor die Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Daarmee is Ierland nou die nommer een span op die wêreldranglys.

Schmidt sê egter dié status beteken niks nie.

“Ons was baie gelukkig om ’n paar eerstes met die span te behaal die laaste ses en ’n half jaar, maar hierdie etiket is nie relevant nie.

“Almal weet wie die gunstelinge is en dit is nie ons nie,” het hy met verwysing na die All Blacks gesê.

Italië se afrigter, Conor O’Shea, het intussen gesê “die span wat Engeland klop, sal die beker wen”.

Dit is nadat die Italianers Vrydag in Newcastle met 37-0 teen Eddie Jones se Rose slae gekry het.

Engeland het vier drieë in die tweede helfte op St James’ Park gedruk en het daarmee drie uit vier van hulle WB-opwarmwedstryde gewen.

Hulle speel hul eerste wedstryd teen Tonga in Groep C en O’Shea voorspel die Engelse sal maklik wen.

“Hulle kan lekker momentum kry voordat hul teen Frankryk en Argentinië speel.

“Dit is natuurlik nodig dat hulle die beste 15 spelers op die veld kry, maar as jy kyk na die slaankrag en selfvertroue wat hulle het met die rugby wat Manu (Tuilagi) weer speel en die beheer wat hul op 10 en 12 het.

“Jy gaan verby Engeland moet kom as jy die toernooi wil wen.”

Jones het gesê die staatmakerstut Mako Vunipola gaan dalk eers aan die einde van die groepfase beskikbaar wees weens die dyspierbesering waarmee hy sukkel.

Daar is aanvanklik gehoop dat Vunipola op 22 September teen Tonga sou kon speel.

“Hy gaan waarskynlik eers gereed wees vir ons derde of vierde wedstryd.”

Vunipola se besering beteken dat Engeland die toernooi met net vier stutte begin en dat Joe Marler, wat na sy uittrede ’n terugkeer gemaak het, op loskopstut sal begin met Ellis Genge as sy plaasvervanger op die bank. – bbc.com, stuff.co.nz

Meer oor:  Wereldbekerrugby  |  Ranglys  |  Joe Schmidt  |  Rose  |  Ierland  |  Eddie Jones  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.