Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ntsila swoeg in alle erns vir Curriebeker

Met die beroepsrugbyspanne in Suid-Afrika wat Donderdag die jawoord gekry het – onderhewig aan finale goedkeuring deur die regering – om kontakoefeninge te doen, het die wedloop om wedstrydfiks te word, in alle erns begin.

Andile Ntsila is uit die rugbywildernis en reg te wys hy hoort in die Vrystaat-Cheetahs se beginspan. Foto: Gallo Images

Met die Curriebeker wat middel September kan begin, aangesien die spanne vier weke gegun word na die begin van kontakoefeninge voordat enige wedstryde gespeel word, sal die spanne vandeesweek na ’n hoër rat oorskakel.

’n Speler wat beslis sal wil wys wat in hom steek is die Cheetahs se Andisa Ntsila, wat verlede seisoen in die rugbywildernis was by die Haaie waar hy bitter min speelkans gekry het.

Ntsila was terloops die eerste beroepspeler in Suid-Afrika wat positief getoets was vir Covid-19 en het intussen herstel, en sê hy is opgewonde om deel te wees van ’n franchise wat die verdedigende kampioen is van die Curriebeker.

“Ek sien baie uit na die reeks en ek is baie opgewonde om te kan sê ek is deel van die Cheetahs se groep. Nou gaan dat dit net daaroor dat ons as groep so vinnig moontlik ons beste peil bereik om gereed te wees vir die begin van die Curriebeker-reeks.

“Dit is ook belangrik om te wys dat ek plek in die 23-tal verdien,” sê Ntsila.

“Dis belangrik dat ek die doelwitte wat die afrigtingspan vir ons daargestel het, bereik en dit maak my opgewonde. Vir my om die beste uitkoms te kry gaan beteken dat ek topfiks moet wees en dit is gevolglik waaroor die volgende klomp weke sal gaan, nie net vir my nie, maar die hele groep.

“Ons kan almal sê net wat ons wil oor watter reeks ook al, die grootste toets gaan wees wanneer ons op die veld aantree vir daardie eerste belangrike 80 minute. Dis al wat teen die einde gaan tel.”

Nou gaan dat dit net daaroor dat ons as groep so vinnig moontlik ons beste peil bereik om gereed te wees vir die begin van die Curriebeker-reeks.
Andisa Ntsila

Hy sê as gevolg van sy tyd in isolasie weens die Covid-19-virussiekte, het hy belangrike tyd verloor, maar hy wil nou daarvoor opmaak.

“Ek het geweet ek sal myself moet druk toe ek uiteindelik saam met die Cheetahs kon begin oefen het, want ek moes inhaal.

“Ek het omtrent 14 of 15 dae van harde werk as gevolg van my tyd in isolasie verloor en ek moes vinnig by die ander spelers bykom.

“Ons het ’n uitdagende program, dis fisiek veeleisend, maar dit is wat ek moet doen,” sê Ntsila.

Hy voel wanneer die reeks wel begin, kan die spanne goeie rekenskap van hulself gee.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.