Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe begin vir Howley in Kanada
Rob Howley was langer as ’n dekade by die Rooi Drake voordat die weddenskap-skandaal sy loopbaan vir ’n wyle ontspoor het. Foto: Getty Images

Die afgedankte hulpafrigter van die Wallis-rugbyspan, Rob Howley, wat weddenskappe op wedstryd-uitslae geplaas het, is skynbaar sy sondes vergewe.

Die 49-jarige Howley is as hulpafrigter van Kanada aangestel en hy sal ook in 2021 die Toronto Arrows as konsultant in Major League Rugby bystaan. Die reeks begin in Maart.

Sy kontrak is vir drie jaar en sal tot ná die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk geld.

Hy is tydens verlede jaar se WB-toernooi in Japan huis toe gestuur nadat sy misdrywe aan die lig gekom het. Die Rooi Drake het hom afgedank en verbied om vir 18 maande af te rig.

In ’n ondersoek is bevind dat Howley, wat in sy speeldae vir Wallis en die Britse en Ierse Leeus uitgedraf het, tussen November 2015 en September verlede jaar op 363 van die 1 163 wedstryde gewed het. Van die wedstryde was kragmetings waarby Wallis betrokke was.

“Ek is so verheug om my by Rugby Kanada aan te sluit en saam met Kingsley Jones (die hoofafrigter) en die ander breiers te werk,” sê Howley in ’n verklaring.

Hy was langer as ’n dekade by die Rooi Drake en was ’n vertroueling van die span se destydse hoofafrigter, Warren Gatland. Hy was ook voorheen ’n lid van die Britse en Ierse Leeus se afrigtingspan.

Howley het destyds in sy verweer oor die weddenskappe aangevoer dat hy gesukkel het om sy suster se dood te verwerk. – Reuters

Meer oor:  Rob Howley  |  Kanada  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.