Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Nuwe Cheetahs sal moet uithaal en wys'

Die Cheetahs se nuwe gekontrakteerde spelers wat in Julie reeds by die franchise aansluit, sal moet wys hulle is goed genoeg vir die span se eerste wedstryd ná die inperking – wanneer dit ook al mag wees.

So sê Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs. Hy en sy span hou nes die res van die Suid-Afrikaanse franchises asem op om te hoor wanneer hulle weer in groepe kan begin oefen en wanneer rugby uiteindelik weer in Suid-Afrika hervat sal word.

Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, sê dis maar frustrerend dat die spelers nog nie weer saam kan oefen of die gimnasium besoek nie. Foto: Mlungisi Louw

Hoewel daar op vlak 3 van die inperking geoefen kan word, kan dit steeds nie in spanverband geskied nie, wat beteken dat die Cheetahs soos hulle tans doen – op hulle eie sal moet voortgaan sê Fourie.

“Wat wedstryde betref en wanneer dit gespeel sal word, weet niemand nie. Wat die spelers betref wat in Julie by ons aansluit, sal hulle – wanneer ons weer kan saamoefen – moet wys hulle is reg en goed genoeg. Dan sal hulle wedstrydtyd kry,” sê Fourie.

Die beplanning deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) is vir ’n kompetisie tussen die Superrugby-spanne en die twee Pro14-spanne (Cheetahs en Southern Kings) en dan is daar ook aanduidings dat die Curriebeker-reeks later vanjaar oor ’n dubbelronde beslis kan word, maar nog niks is gefinaliseer nie.

Wat die nuwe spelers van die Cheetahs betref, behoort die senters Frans Steyn en Howard Mnisi op hul pos te wees ná 1 Julie. Dan is daar nog die haker Louis van der Westhuizen, wat vanaf 1 November amptelik gekontrakteer is, maar reeds in Julie in Bloemfontein aankom en waarskynlik saam met die span sal oefen.

Die losvoorspeler George Cronjé en die vleuel Marcell Muller (albei juniors) is nog twee spelers wat op 1 Julie aanmeld en sal waarskynlik nie in aanmerking kom om te speel nie, maar hulle sal ook inval en hulle vertroud maak met die stelsels in plek by die Cheetahs.

Ons wag vir Saru en hulle wag weer vir die regering, so ons kan nie daaroor bespiegel nie.
Hawies Fourie

“Dis maar moeilik om te kan voorspel wanneer ons weer kan begin. Ons wag vir Saru en hulle wag weer vir die regering, so ons kan nie daaroor bespiegel nie.

“Op die oomblik oefen die spelers goed en hulle word elke Donderdag gemonitor. Die tye word ingesamel en soos sake staan, verbeter hulle elke week met die 3 km-tydtoets.

“Maar dit is maar frustrerend vir ons almal om op ons eie te oefen en dit sal baie help as ons solank in kleiner groepe kan begin.

“Die werk in die gimnasium is die een aspek van ons oefening wat die meeste gaan agterbly in dié tyd. Ons sal baie hard in die gimnasium moet werk en ons weet nie wanneer ons toegelaat gaan word om dít weer te doen nie,” sê Fourie.

Meer oor:  Marcell Muller  |  George Cronje  |  Hawies Fourie  |  Saru  |  Pro14-Reeks  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.