Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe Franse breier vra geduld

Vergeet vir eers van volgende jaar se Wêreldbeker (WB)-toernooi, Frankryk moet eers in die komende Sesnasies-reeks tot verhaal probeer kom.

So sê Jacques Brunel, nuwe afrigter van dié beleërde rugbyspan.

Jacques Brunel / Foto: AP

Brunel het as’t ware ’n bankrot boedel geërf, want onder sy voorganger, Guy Novès, het die Hane verlede jaar slegs twee oorwinnings in 11 toetse behaal. Dít het vier nederlae teen die Springbokke en ’n gelykop uitslag teen Japan ingesluit.

Novès het einde verlede jaar, ná net twee seisoene in sy pos, die trekpas gekry.

“Frankryk behoort elke jaar ’n aanspraakmaker op die Sesnasies-titel te wees,” sê Brunel, wat Italië en die klubspan Perpignan onder meer voorheen afgerig het.

Frankryk begin sy Sesnasies-veldtog met ’n moeilike tuiswedstryd teen Ierland op 3 Februarie.

Hoewel Frankryk al drie keer die eindstryd van die WB-toernooi gehaal het, glo Brunel dis belangriker om vir eers op korttermyndoelwitte te fokus.

“Laat ons liefs nie nou al te veel oor die Wêreldbeker praat nie. Ons moet ’n hele paar trappies klim voor ons ons daaroor kan begin bekommer.”

Volgens Brunel sal sy spelers superfiks moet wees as hulle ’n goeie vertoning in die Sesnasies-reeks wil lewer. “Hoëvlakrugby word teen ’n hoë spoed en intensiteit gespeel en dís waarop ons moet konsentreer.”

Volgens Jean-Baptiste Élissalde, een van die nuwe hulpafrigters, sal dit ook belangrik vir die spelers wees om hul selfvertroue te herwin.

“Ons het nie baie tyd om vir die Sesnasies voor te berei nie, daarom sal ons die klem plaas op basiese vaardighede en op die spelers se sterkpunte fokus.”

Frankryk beklee ná sy rampspoedige jaar slegs die negende plek op die wêreldranglys en sal met ’n nederlaag teen Ierland deur Fidji, tans in die tiende plek, verbygesteek word. 

– Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Jacques Brunel  |  Hane  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.