Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugby-kampioenskap in Maart?

Die Springbokke in toetse teen die All Blacks, Australië en die Poemas in Maart en April volgende jaar. En Curriebeker-rugby in die somervakansie oor Kersfees en Nuwejaar.

Die Cheetahs vier hul sege in verlede jaar se Curriebeker-eindstryd teen die Leeus. Foto: Gallo Images

Dit is een van die ingrypende voorstelle wat Suid-Afrika se rugbybase oorweeg as deel van ’n nuwe plaaslike en internasionale rugbykalender.

Die Curriebeker-reeks in die uiters ongewone tyd van November, Desember en Januarie is daarop gemik om die Springbokke in hul voorbereiding vir die toetse te help.

As rugbybase meen die Curriebeker se aansien sal verwater word deur so ’n tydgleuf, kan ’n ander kompetisie oor die feestyd aangebied word. Die wedstryde sal dan meestal in kusstede soos Kaapstad, Durban en Port Elizabeth gespeel word om vakansiegangers te lok.

Die ingrypende voorstelle is van die punte op die agenda oor 2021 se rugbykalender wat tans deur die land se franchises en SA Rugby bespreek word.

Volgende jaar se rugbykalender sal totaal anders vir Suid-Afrikaners as vorige jare s’n lyk.

Dis egter nie net vir die plaaslike rugbykalender wat verskeie opsies bespreek word nie.

’n Internasionale rugbykalender word nou vir 2021 bespreek nadat rugbybase wêreldwyd weens die koronavirus besluit het om die proses van vernuwing te versnel. Dít kan in Junie of Julie gefinaliseer word wanneer onder meer duidelikheid verkry sal word of die Rugbykampioenskap wel vroeër geskuif word.

Die doel van die nuwe kalender is om enige oorvleuelings uit te skakel, beter kommersiële waarde te skep en duidelike vensterperiodes vir toetsrugby te hê.

Met beperkte internasionale vlugte kan SA Rugby noodgedwonge die volgende jaar of twee groter klem op plaaslike kompetisies soos die Curriebeker lê.

Jurie Roux

Van die opsies wat Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, die afgelope week met die uitvoerende hoofde van die land se franchises bespreek het, sluit in:

* Dat die Rugbykampioenskap van 2021 af, soos die Noordelike Halfrond se Sesnasies, in Maart en April plaasvind. Die Rugbykampioenskap word gebruiklik in Augustus en September gespeel.

* Die Bokke kan ook van volgende jaar in Oktober en November in ’n splinternuwe internasionale “Noord- en Suid-toernooi” betrokke wees. Meer detail oor die toernooi is nog nie beskikbaar nie, maar lande soos Engeland, Ierland, Wallis, Skotland en Italië is deel van die beplanning.

Die toernooi kan dalk eers in 2022 en 2024 gespeel word. Dit sal weens die Wêreldbeker nie in 2023 plaasvind nie.

* Julie se binnelandse toetse kan na Oktober skuif.

* Volgende jaar se besoek van die Britse en Ierse Leeus kan in Julie geskied of na September of Oktober uitgestel word. Indien dit nie volgende jaar kan gebeur nie, is daar selfs ’n scenario waar die toer eers in 2025 plaasvind.

* Daar is twee opsies vir die Europese seisoen. Die eerste is dat dit van Februarie tot September plaasvind. Die tweede is van Desember tot Julie.


Meer oor:  Rugbykampioenskap  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.