Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe Oz-hulpafrigter doen sy eie ding

Australië se nuwe voorspeler-afrigter, Geoff Parling, het die Wallabies se bestaande lynstaan-speelboek opsygesit om eerder sy eie stelsel te gebruik.

Geoff Parling, die Wallabies se nuwe voorspeler-afrigter. Foto: Getty Images

Volgens Parling, wat as speler vir Engeland sowel as die Britse en Ierse Leeus uitgedraf het, het Dave Rennie, die Wallabies se hoofafrigter, hom toestemming gegee om sy eie stempel op die Aussies se lynstane af te druk.

“Ek gebruik ’n nuwe stelsel wat die ouens moet aanleer en en hulle kan hierdie week verwag dat daar ’n bietjie druk gaan wees om dit te begin doen,” sê Parling.

“Ons was sover nog net vier dae bymekaar waar ons regtig kon oefen, so dis nou ’n kwessie van om die basiese dinge reg te kry.

“Dis so dat die standaard van spel gedurende die Australiese Super-reeks in die lynstane soms swak was. Maar aan die ander kant kan ’n mens seker sê die verdedigingswerk was goed.”

Parling het maar min tyd om dinge goed geolie te kry voor die Wallabies se eerste Bledisloebeker-wedstryd op 11 Oktober teen die All Blacks in Wellington.

Dit sal die Wallabies se eerste wedstryd wees sedert hulle verlede jaar in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi teen Engeland verloor het.

Parling sal sonder die haker Tolu Latu en die slotte Rory Arnold en Izack Rodda, wat al drie in Frankryk klubrugby speel, wees.

Dié drie sal dalk wel later vir die Wallabies se wedstryde in die Rugbykampioenskap beskikbaar wees.

Ron Simmons en Lukhan Salakaia-Loto sal na verwagting die Wallabies se slotte teen die All Blacks wees.

Parling slaan egter die 20-jarige Trevor Hosea, vir wie hy by die Rebels help afrig het, hoog aan.

“Hy het sy Superrugby-debuut hierdie seisoen gemaak. Ons het hom van die plaasvervangersbank af laat opdraf teen die Reds en hy het ’n paar ouens goed gekarnuffel en het regtig goed gevaar,” sê Parling. – Reuters

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Geoff Parling  |  Poemas  |  All Blacks  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.