Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe plan sal uittog nie stuit, sê Bakkies

Bakkies Botha, voormalige Springbok-slot, glo die nuwe beleid van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) oor die kies van oorsese spelers sal allermins verhoed dat spelers steeds groener weivelde in die buiteland gaan soek.

Bakkies Botha / Foto: Verskaf

Saru het verlede week bevestig dat slegs spelers met 30 toetse of meer vanaf 1 Julie vanjaar verkiesbaar is vir die Springbokke indien hulle hul rugby buite Suid-Afrika speel. In ’n Wêreldbeker-seisoen sal alle spelers, ongeag die aantal toetse wat hulle al gespeel het, vir die Bok-groep oorweeg word.

Botha, wat 85 toetse vir die Springbokke gespeel het, aanvaar egter nie die nuwe beleid as ’n afskrikmiddel vir jong spelers wat oorsee wil gaan nie.

“Ek dink nie dit gaan die probleem oplos nie,” het Botha aan Sport24 gesê.

“SA Rugby het hierdie reël ingestel omdat hulle duidelik probeer om jong spelers hier te hou en te verhoed dat hulle oorsee hul heil gaan soek.”

Botha glo egter dat die uittog van spelers steeds ’n groot kopseer sal bly, want die rand kan nie met die euro, pond of jen meeding nie.

“Veral Frankryk is ’n land wat groot geld vir Suid-Afrikaanse spelers aanbied omdat hulle weet ons oefen baie hard en wil trofeë wen. Met dít in gedagte sal ’n jong speler vir homself sê: ‘Goed, ek gaan vir twee seisoene oorsee speel, kyk hoe dit gaan en dan terugkom en probeer om vir die Springbokke uit te draf.’

“Maar, hy geniet dan die ervaring soveel oorsee dat hy nooit terugkeer nie. Ek glo rugby is besig om ’n universele sport te word en dit beweeg in ’n mate in die rigting van sokker.

“SA Rugby moet by ’n beleid hou wat alle oorsese spelers toelaat om vir die Bokke te speel, want hier is nie genoeg talent om ons weer wêreldtemmers in rugby te maak nie.”

Meer oor:  Bakkies Botha  |  Bokke  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.