Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe reël: Lak laer of word gestraf

Die Engelse Rugbyunie (RFU) gaan ’n nuwe duikslag-reël in een van sy laer ligas, die Kampioenskapsbeker-reeks, op die proef stel.

Ingevolge die nuwe reël, wat die Engelse Rugbyunie in een van sy kompetisies op die proef gaan stel, sal dié duikslag wettig wees. Foto: Getty Images

Ingevolge die nuwe reël sal ’n wettige duikslag slegs plaasvind as ’n speler niks hoër as die lyn van sy oksels platgetrek word nie. Die huidige reël laat ’n speler toe om ’n teenstander so hoog as die lyn van sy skouers te lak.

Dié proefreël volg op navorsing oor rugbybeserings wat die RFU laat doen het. Dít het bevind dat 47% van alle beserings tydens duikslae opgedoen word.

Die nuwe reël sal in al 43 ligawedstryde van die Kampioenskapsbeker, asook in die uitkopwedstryde van krag wees.

“Ons glo deur die hoogte van ’n duikslag te verlaag, sal dit voordele vir die verdediger én die baldraer inhou,” sê Nigel Mellville, direkteur van beroepsrugby by die RFU.

“Die data wat ons in die Kampioenskapsbeker sal kan versamel, sal ons die geleentheid bied om vas te stel of ’n laer duikhoogte ’n positiewe impak op elite vlak in senior rugby kan hê. Indien wel, sal ons ons benadering tot die vermindering van harsingskudding en ander beserings kan aanpas.”

’n Duikslag soos dié, om die skouers van die baldraer, sal onwettig wees ingevolge die Engelse Rugbyunie se nuwe proefreël. Foto: Getty Images

Dié proefneming word met die samewerking van Wêreldrugby gedoen. Die spel se internasionale beheerliggaam het dié reëlwysiging reeds in Mei, in die o.20-Wêreldtoernooi, op die proef gestel en sal weer so maak wanneer die o.20-Trofeetoernooi in Augustus beslis word.

Volgens Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, wil sy organisasie sy benadering tot die voorkoming van beserings op feite grond en sal die terugvoer wat hulle van die RFU gaan kry, van groot waarde wees.

Die hoofde van Engelse tweedeliga-klubs, direkteurs van rugby, afrigters en senior spelerverteenwoordigers sal almal op 5 Augustus vergader om seker te maak hulle is behoorlik voorbereid vir die reëlwysiging. – Reuters

Meer oor:  Rfu  |  Rugbyreëls  |  Engelse Rugbyunie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.