Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nuwe skakelpaar vir Streeptruie
Josh Stander by Donderdag se oefensessie van die Westelike Provinsie op Nuweland. Foto: Gallo Images

Die Westelike Provinsie begin Saterdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Goue Leeus op Nuweland met ’n splinternuwe skakelpaar in Paul de Wet en Josh Stander.

De Wet vervang vir Justin Phillips op skrumskakel en Stander vir Jean-Luc du Plessis op losskakel.

Volgens John Dobson, die WP se breier, is die skuif met De Wet in sy langtermyn-visie gegrond.

Die verwagting is dat De Wet tweede in die ry agter Herschel Jantjies sal staan vir die Stormers se nr.9-trui in aanstaande jaar se Superreeks.

“Paul gaan aanstaande jaar nog hier wees en is ’n uiters belowende speler. Ons almal weet ook dat Jano Vermaak sy loopbaan gaan afsluit. Herschel sal ons voorkeur-skrumskakel wees,” sê Dobson.

Die skuif met Stander is gegrond in Du Plessis se kroniese probleme met sy heupe.

Hy is nie gepos nie. Dis meer ’n kwessie van ons wat sy werkslading bestuur.
John Dobson

“Jean-Luc sukkel met sy werkslading en het ruskans nodig. Hy het verlede week ’n moeilike dag teen die Haaie beleef en het nie vandeesweek geoefen nie. Hy is nie gepos nie. Dis meer ’n kwessie van ons wat sy werkslading bestuur,” sê Dobson.

Soos verwag keer Dillyn Leyds terug op heelagter, wat beteken dat SP Marais vleuel toe skuif. Edwill van der Merwe bevind homself gevolglik op die plaasvervangersbank.

Jaco Coetzee is ook plaasvervangersbank toe geskuif om vir Sikhumbuzo Notshe plek te maak op agtsteman.

Carlu Sadie vervang vir Wilco Louw as vaskopstut.

Die WP-span is:
Dillyn Leyds, Seabelo Senatla, Ruhan Nel, Dan Kriel, SP Marais, Josh Stander, Paul de Wet, Sikhumbuzo Notshe, JD Schickerling, Ernst van Rhyn, Chris van Zyl (k), Salmaan Moerat, Carlu Sadie, Scarra Ntubeni, Corné Fourie. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Wilco Louw, David Meihuizen, Jaco Coetzee, Godlen Masimla, Edwill van der Merwe, Sergeal Petersen.


Meer oor:  John Dobson  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Leeus  |  Streeptruie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.